in ,

Zimmatic neem presisiebesproeiing na nuwe hoogtes

Zimmatic
Zimmatic het ’n sterk span en ’n kundige in elke afdeling by NAMPO gehad om belangstellende boere van raad te bedien.

This post is also available in: English

Die ongelooflike het nou moontlik geword en is binne bereik van die Suid-Afrikaanse boer. ’n Spilpunt kan nou die presiese hoeveelheid water wat ’n enkele plant benodig op hom toedien. Gegewe dat grond oor ’n enkele land vinnig kan verander en die waterhou- en dreineringsvermoë ook vinnig wissel, is dit ’n uitmuntende manier om presisielandbou verder te verfyn. Te veel water is ook geneig om voedingstowwe in sekere grondsoorte te verplaas. Tydens ontkieming is gewasse besonder sensitief en elke plant sal dit waardeer as hy net die regte hoeveelheid water kan ontvang.

Zimmatic se wisselspoedbesproeiingstelsel (VRI) is tydens NAMPO met groot belangstelling gadegeslaan. Die sprinkelaars het soos ’n enjin se suiers wisselend oop- en toegemaak en gepuls.

Die stelsel is oor die afgelope twaalf jaar in Nieu-Seeland ontwikkel om beeskampe, waterstroompies en paaie onder spilpunte oor te slaan. Dit is verfyn en word reeds in baie lande met groot sukses ingespan. In Suid-Afrika is dit splinternuut.

Adam Olivier, tegnologie- en FIELDNET-diensbestuurder vir Afrika, sê: “Die VRI-stelsel het ’n magnetiese draadspoelklep bo elke sprinkelaar, wat elk aan sy eie kontrolekas bo-op die spilpunt se hoofbalk gekoppel is. Die FIELDNET-hoofbeheerkas stuur dan die opdragte na elke indiwiduele VRI-kontrolekas.

’n Boer kan sy grondkaarte, gewaskaarte, kombinasiekaarte, asook sy dinamiese opdragkaarte wat deur die seisoen en saam met die plantgroei verander, met die FIELDNET-stelsel integreer. (Dit is bekend met die meeste lêerformate.) Dan neem FIELDNET en sy uiters noukeurige GPS-stelsel oor en pas elke sprinkelaar se volumes aan soos die opdragte deurkom. Die gevolg is baie beter opbrengste terwyl baie minder water gebruik word.

Die VRI is modulêr en kom reeds bedraad uit die fabriek. In die veld word dit al langs die spilpunt uitgelê en maklik aan elke sprinkelaar vasgesit. Dit werk ook uitstekend op baie ander spilpunthandelsmerke. In so ’n geval word ’n VRI-beheerkas langs die ander vervaardiger se beheerkas vasgesit.


Adam Olivier, tegnologie- en FIELDNET-diensbestuurder vir Afrika; Frederik Nel, bedryfsbestuurder vir RSA en Namibië; en Alan Edwards, verkoopsdirekteur vir Afrika, kan nie wag om die Zimmatic-filter te bemark nie.

Zimmatic bied n vinnige filter

Lindsay het die nywerheidsfiltervervaardiger, Lakos in die VSA, as ’n dogtermaatskappy bekom. Hulle het ook nie lank daarna nie ’n nuwe filter spesiaal vir landbou ontwerp. Die filter is nog in die toetsfase, maar Zimmatic het dit solank by NAMPO tentoongestel.

Alan verkoopsdirekteur vir Afrika. “Ons nuwe filter het ’n baie hoë vloeispoed vir sy grootte en is geskik vir spilpunte en pompstasies. Die werkverrigting is ongelooflik en vir die prys sal dit ’n reuse aanwins op die plaas wees. Hierdie filter werk met borsels wat die siwwe deurlopend skoonhou. Die onderhoud en dienste sal dus baie min wees. Ons het ook ’n elektriese weergawe wat jy feitlik nooit sal oopmaak nie,” sê hy.

Die eenheid wat by NAMPO uitgestal is, is die eerste prototipe en sodra dit vervolmaak is, sal dit in die mark beskikbaar gestel word.

Kontak Frederik Nel by 021-986-8900 of 072-517-7581 of besoek die webwerf www.lindsayafricagb.com om meer oor hierdie voorste spilpuntmaatskappy uit te vind.

Die VRI-stelsel (wisselspoedbesproeiing) vir spilpunte wat Zimmatic nou in Suid-Afrika bekendstel, gaan baanbrekerswerk in presisielandbou doen.

Die VRI-stelsel is een van die gereedskapstukke wat op die
FIELDNET-beheerplatform ingetrek kan word. Met die hulp van slimtoestelle waarop ’n wye verskeidenheid funksies uitgevoer kan word, word ’n boer se bestuur net makliker en lekkerder.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

inenting

Dit is krities dat boere nou slenkdalentstof bestel

Kynoch Kunsmis vereer met ’n NAMPO-toekenning