in

Wolmark daal

This post is also available in: English

Op die 3de veiling van die 2020/2021 verkoopseisoen het die merinowol markaanwyser met 9,9% gedaal en op 11858c per kg skoonwol gesluit.

Die gemiddelde skoonwol markaanwyser vir goeie gehalte lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was onderskeidelik as volg:

Veseldikte (µ) SWP*   PB** Veseldikte (µ) SWP* PB** *Skoonwol prys **Prysbeweging  
18 µ 15074 (-6,2%) 21 µ 11810 (-9,1%)
19 µ 12973 (-7,8%) 22 µ 11236 (-10,5%)
20 µ 12106 (-9,2%) 23 µ    

Die grootste kopers op die afgelope veiling was: Standard Wool (2 284 bale), Tianyu S A Pty (Ltd) (1 614 bale), G Modiano (1 412 bale). Van die 9 012 bale wat aangebied was, is 8 242 bale verkoop (91%).

Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:

  TOP 10 BKB PORT ELIZABETH
Naam Skema Area Besk. AWEX Tipe Mic Skoon NKT Vet Pryse
1. Vergund Plase (Edms) Bpk   Riviersonderend CH MWF4S.71 15.4µ 68,1% 42 13400c
2. Vergund Plase (Edms) Bpk   Riviersonderend BH MWF4E.87 16.1µ 70,9% 38 12850c
3. KM King   Steynsburg CH MWF5S.68 16.2µ 72,2% 33 12700c
4. Vergund Plase (Edms) Bpk   Riviersonderend CM   MF4E.72 16.0µ 68,6% 30 12600c
5. Landsig Bdye RWS Murrysburg CH MWF5S.62 16.0µ 69,8% 27 12500c
6. DJ Louw RWS Trompsburg BFF MF4S.66 17.6µ 75,2% 56 12410c
7. GJ Smit RWS Vrede CFY MF4E.72 17.2µ 72,8% 42 12400c
8. Tarka River Farm CC   Tarkastad BFFH MWF4S.67 16.7µ 72,8% 41 12350c
9. GJ Smit RWS Vrede AFY MF5E.86 16.6µ 68,6% 24 12200c
10. Tierkloof Bdy Bk   Porterville CMY MF4E.51 16.2µ 74,5% 0 12200c

Die volgende wol veiling is vir die 9de September 2020 geskeduleer.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

AGI – In samewerking met Barry van Wyk

Plaasaanvalle geniet hoëvlak aandag