in

Wintergewasse – 2021 produksieseisoen

This post is also available in: English

Koring: Die verwagte produksie vir koring is 2,153 milj. ton, wat 1,70% of 36 000 ton meer is as die vorige skatting van 2,117 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 4,11 t/ha is. Dit is die grootste verwagte koringoes sedert
2002, toe dit 2,427 milj. ton was.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,188 milj. ton (55%), in die
Vrystaat 346 500 ton (16%) en in die Noord-Kaap 259 150 ton (12%).

Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is onveranderd gelaat op 339 800 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 94 730 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,59 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is ook onveranderd gelaat op 190 000 ton. Dit is die
grootste kanola-oes wat nόg geproduseer is in die geskiedenis van SA. Die
oppervlakteskatting vir kanola is 100 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van
1,90 t/ha.

Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) vir die 2021-seisoen is 80 450 ton
en die oppervlakteskatting is 36 250 ton. Die verwagte opbrengs is 2,22 t/ha.
In die geval van soetlupine is die produksieskatting effens verlaag met 3,57% of 1 100 ton, van 30 800 ton na 29 700 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 22 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,35 t/ha.

Die sesde produksieskatting vir wintergewasse sal op 27 Januarie 2022 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Saai en Santam sink boorgate in Oos-Kaap vir droogtehulp

Landbou sal nie 20,5% Eskom verhoging oorleef nie!