This post is also available in: English
Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,862 miljoen ton, wat dieselfde is as die vorige skatting, met ‘n verwagte opbrengs van 3,70 t/ha. Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 906 300 ton (49%), in die Vrystaat 365 000 ton (20%) en in die Noord-Kaap 294 500 ton (16%).
Die oppervlakteskatting vir koring is 503 350 ha. Die beraamde oppervlakte geplant in
die Wes-Kaap is 318 000 ha of 63%, die Vrystaat is 100 000 ha of 20% en 38 000 ha of
8% is in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars is 401 840 ton, wat 1,39% of
5 500 ton meer is as die vorige skatting van 396 340 ton. Die oppervlakte beplant word
beraam op 119 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,38 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is ook onveranderd gelaat op 115 500 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 77 000 ha en die verwagte opbrengs is 1,50 t/ha.
Die vyfde produksieskatting vir wintergewasse vir 2018 sal op 20 Desember 2018 vrygestel sal word.
Bron: Oesskattingskomitee