Willow Creek, ’n Suid-Afrikaanse olyfolie-produsent, is 20 ste in die top 100 olyfolie-produsente ter wêreld. Verlede jaar was die organisasie 33 ste. Willow Creek is die enigste olyfolieplaas in Suid-Afrika wat ‘n plek op die wêreldlys behaal het.
Die direkteure van Willow Creek is ook met die titel, 50 ste beste Extra Virgin-olyfolie in die wêreld bekroon. Hierdie toekenning is baie goed aangesien hulle die vorige jaar in die 95 ste plek was.
“Dis belangrik dat ons die beste olyfolie aan die wêreld bekendstel, want dan kan ons die beste gehalte aan ons klante lewer,” sê Louise Rabie, handelsmerkbestuurder van Willow Creek.
“Toekennings bevestig die kwaliteit van die produk, maar die grootste toekenning vir ons is dat ons, ons passie met olyfolie-liefhebbers regoor die wêreld deel,” voeg sy by.
Willow Creek se produkte is beskikbaar by deli’s en kleinhandelaars en by die meeste voedselkettingwinkelgroepe. Op die landgoed kan die olyfolie ook geproe word.
Vir meer inligting hieroor, besoek www.willowcreek.co.za.
Bron: bizcommunity