in , ,

Wildwood Wynfees 2022: Bring die Kaap na Limpopo

Moenie vanjaar se Wynfees, aangebied deur Wildwood Events Venue om 9 Julie 2022 by Groblerdal, Limpopo misloop nie.

Wildwood Events is die perfekte plek vir funksies, troues, dit het ‘n heerlike restaurant en verblyf, daarom is dit perfek om ook die Wynfees hier te hou.

Wildwood bring die wynlande met die beste wyn na die Loskop Vallei, en hulle bring van die beste wynplase tot op Limpopo se voorstoep! Die Wynfees gaan daaroor om dit saam met jou familie te geniet en dis veral ook vir die landboubedryf wat ‘n groot deel uitmaak van die gedeelte van die land.

Die fees gee jou die geleentheid om meer as een van die beste wyne te proe en te koop. Dit gee ook die geleentheid om deel te wees van hierdie vibe, om charismatiese, prettige wynmakers te ontmoet, om al Wildwood se dienste te ontdek, te netwerk met die kundiges in die landbousektor en alles wat ons gemeenskap aanbied. 

Die idee is om ’n wynfees vanaf die Wes-Kaap na die Loskop Vallei toe te bring, met die klem op Loskop Vallei.

Verskeie wynplase sal hulle wyn uitstal, en gaste wat kaartjies koop kan by elke wynplaas tyd spandeer en hulle wyn proe, met die opsie om later terug te gaan en wyn te koop.

Daar word ’n Biertent op die grasperk opgeslaan met bankies vir gaste om te sit en kuier, en ’n verhoog daar naby met verskeie kunstenaars wat musiek maak regdeur die dag. Later die middag sal die Springbok rugbywedstryd teen Wallis op grootskerms in die biertent gespeel word.

Verskeie opsies vir etes is ook beskikbaar, en gaste kan soos dit hulle pas, bestellings plaas en etes geniet deur die loop van die dag.

Vermaak vir kinders is ook aan gedink – en WiIdwood het ’n plaaslike kleuterskool genader om te sorg vir genoeg vermaak, sodat kinders die dag ook kan geniet saam met hulle gesin. Die kindervermaakarea is vir kinders in die ouderdomsgroep van 3 – 10 jaar oud.

Hoe bevestig gaste hulle kaartjies

  • Toegang vir gaste tot die gronde sal wees vanaf 10:00 – laat.
  • Die wynproe sal beskikbaar wees vanaf 10:00 – 17:00
  • Die kinderspeelarea sal beskikbaar wees van 10:00 – 19:00
  • Die biertent & kosstalletjies sal beskikbaar wees vanaf 10:00 – laat.
  • Kaartjies word aanlyn verkoop teen R250 per kaartjie (18+ in ouderdom) en elke kaartjie sluit’n wynglas in wat gaste ontvang as hulle daar aankom (asook enige promosie items wat betrokke borge uitgee – sien asseblief die borge afdeling vir meer inligting.)
  • Gaste kan dan gratis omgaan en by wynplase wyn proe, op die gronde rondbeweeg en die dag saam met die gemeenskap te geniet met live musiek wat speel.
  • Vir kinders in die ouderdomsgroep van 11 – 17 jaar is die ingangskaartjiefooi R80.
  • Kinders in die ouderdomsgroep van 0 – 10 jaar se ingangsfooi is gratis, maar om in die kindervermaak area in te gaan is ’n fooi van R80 betaalbaar by die ingang.

Vir VIP gaste:

Beperkte kaartjies teen R350 elk word beskikbaar gemaak vir VIP. VIP kaartjies word slegs beskikbaar gestel aan besighede en hulle gaste (sien asseblief die besigheidsafdeling vir meer inligting) wat die dag wil geniet en meer eksklusief met hulle gaste wil tyd spandeer met ’n gereserveerde area en eksklusiewe diens van kelners vir kos en drank.

Hoe om betrokke te raak by hierdie wynfees as ’n besigheid

Om ’n dag te geniet wat uit en uit die Loskop Vallei verteenwoordig – en nie daarop uit te mis nie – het Wildwood seker gemaak daar word voorsiening gemaak om betrokke persone en hulle besigheid in die beste posisie te plaas om gemaklik te netwerk, asook voordeel te trek uit moontlike, subtiele bemarking. Daar is verskeie opsies om betrokke te raak as ’n besigheid en saam met Wildwood te werk om die Loskop Vallei & sy bure bymekaar te bring.

Kontak asb Wildwood Events Venue Nature Retreat direk vir meer inligting en pakette vir besigheidsbesprekings by 061-582-2096 (Lorraine) of stuur ‘n e-pos na info@wildwoodvenue.com

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

HORSCH-presisieplanters plant presies vir beter opbrengs

Maak grondbewerking maklik met Ripper Tillage se rip-till toerusing