in

Wendy Petersen lei transformasie in die wynbedryf

Wendy Petersen
Wendy Petersen

This post is also available in: English

Die Transformasie-eenheid van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf het Wendy Petersen aangestel as operasionele bestuurder vanaf 1 Februarie 2019.

Die Transformasie-eenheid is ‘n gesamentlike, inklusiewe, onafhanklike en verteenwoordigende forum van relevante wynbedryfstrukture wat transformasie in die sektor fasiliteer in ooreenstemming met die Nasionale Landboubemarkingsraad (NAMC) se riglyne. Die eenheid bevorder transformasie deur ekonomiese ontwikkeling, vaardigheidsontwikkeling en opleiding, sowel as sosiale ontwikkeling. Die hoof doelwit van die organisasie is om gelyke toegang en deelname van swart besighede in die wynwaardeketting te bevorder.

Wendy, voorheen bestuurder van Internasionale Projekte by Wines of South Africa, het meer as 25 jaar ervaring in die wynbedryf.  “Ek is geëerd en bevoorreg om die titel van transformasie operasionele bestuurder vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf te dra. Transformasie is ’n woord wat Suid-Afrikaners vrees en dit is moeilik om verandering teweeg te bring.  Ek wil die wynbedryf aanmoedig om hierdie verandering aan te pak en te fokus op die geleenthede en moontlikhede wat ontsluit kan word as ons dit reg kry. ”

Die transformasie-eenheid van die wynbedryf heg groot waarde aan onafhanklikheid, groei en aanspreeklikheid en glo dat integriteit, uitnemendheid en vennootskappe sleutel dryfvere is om transformasie in die wynbedryf te bevorder.  Wendy se aanstelling as operasionele bestuurder sal hierdie waardes verder stimuleer en haar dryfkrag en passie vir die bedryf sal momentum gee aan die progressiewe werk wat die transformasie-eenheid die afgelope drie jaar gedoen het.

Joyene Isaacs, voorsitter van die Transformasie-eenheid, verwelkom me Petersen in die organisasie en glo sy is die regte kandidaat om die transformasie-agenda na ‘n volgende vlak te dryf.  “Ons wens haar sterkte toe in die strewe om die besighede te bou en te ontwikkel en om die wynbedryf tot voordeel van almal te verander.”

Bron: SA Wynbedryf Transformasie-eenheid

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Jongboerkonferensie 2019: Tyd vir saamstaan

wol

Wolmark styg steeds