in , ,

Vlakte Bonsmarastudiegroep 16de Produksieveiling: ‘n Belegging wat sy sout werd is

Bonsmara telers regoor die land kan opreg getuig dat die 2022-veilingseisoen tot dusver uitstekend was. Telers en kopers kan saamstem dat ‘n belegging in die Bonsmara ras ‘n belegging is wat sy sout werd is.

Een van die kernwaardes van die Vlakte Bonsmarastudiegroep is streng keuring. Die drie kern aspekte wat vir die Vlakte Bonsmarastudiegroep ononderhandelbaar is, is bouvorm, gebalanseerde teling en vrugbaarheid, en juis daarom gaan die groep jaar na jaar van krag tot krag.

Die studiegroep is deur vyf telers gestig: Tian Kruger, Hardus de Beer, Cheem Prinsloo, Johan Mong en Jean Gouws. Nuwe lede het op uitnodiging bygekom, gebaseer op die vereiste dat nuwe toetreders die hoë standaarde wat gestel is, kan navolg en ’n passie vir die rooi beeste het.

Die groep het sedertdien van krag tot krag gegroei met verskeie prestige veilings wat gehou is oor die jare. Die groep bestaan tans uit 20 lede, met gesamentlike koeikuddes van meer as 2000 produserende koeie. Sedert die groep se ontstaan in 2007 het verskeie stoeterye ook die lig gesien vanuit bestaande geledere.

Die passie en toewyding van die telers is tekenend van hul prestasiedrif en liefde vir die Bonsmara-ras. Tog word geen onderskeid getref tussen stoet- en kommersiële telers binne die groep nie, trouens die kommersiële telers bestuur hul kuddes op uitsluitlike stoetmeting beginsels.

Die groep het ook in 2020 besluit om ‘n eksklusiewe Vlakte Bonsmara veilingslokaal op te rig op een van die stigterslede, Tian Kruger se plaas Doornpan, waar die eerste veiling in Oktober 2020 met groot sukses aangebied is.

Die groep vind dat die diere wat in hierdie omgewing aangepas is, die vermoë besit om eintlik op enige plek in die land te floreer. Die Vlakte Bonsmara lede boer oor ’n redelike wye gebied wat soet en suur Bosveld insluit. Die gebied strek van Roedtan in die noorde, tot by Settlers in die suide.

Uiteraard is die meeste van die groep se kopers vanuit die sentrale, noordelike en westelike -bosveld wat ‘n balans in vroegryp en gehardheid genetika vereis.

Die Vlakte Bonsmarastudiegroep nooi almal hartlik uit na hulle 16de Produksieveiling, Vrydag 6 Mei 2022 om 11:00 – Plaas Doornpan. Maak seker jy mis nie uit om top genetika te bekom nie!

Vir meer inligting kontak Hendrik Van Der Walt, Bemarker by 083-628-9301

GPS koördinate: S24°51’39.00” E029°03’53.00”

Katalogus: https://bit.ly/vlakte-mei-2022-katalogus

Video speellys: https://bit.ly/vlakte-mei-2022-snitlys

Swiftvee aanlyn platvorm: https://auctions.swiftvee.com/#!/auctionDetails/4813

Vleissentraal Bosveld: https://vleissentraal.co.za/en/view-auction/164

Facebookblad: https://www.facebook.com/VlakteBonsmaraStudiegroep/

Vlakte Bonsmara Veiling, 7 Mei 2021, lees meer hier: https://www.proagri.co.za/hoe-rooier-hoe-mooier-die-rooi-ras-doen-dit-weer/

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Landbou kan selfs meer onontbeerlik wees

Besoek Irrigation Unlimited by NAMPO 2022