in ,

Vitamech se Mc Don fnuik woeste winde……en red boere se oeste

MacDon se selfaangedrewe platsnyer beteken vir vele boere in winderige streke die verskil tussen wins en verlies.

This post is also available in: English

Woeste winde waai in streke soos die Overberg en dit kan die boer gevoelige skade besorg in hierdie gebiede wat andersins perfek vir die produksie van koring en kanola is. Wanneer die gewasse begin ryp word, kan die wind so met hulle woel dat die korrels uit die are of die pitte uit die peule gewaai word en op die grond beland waar hulle vir die boer geen vooruitsig vir stroop inhou nie.

Gelukkig kan ՚n boer altyd ՚n plan maak en gelukkig is daar maatskappye soos Vitamech wat die boer help om sy planne perfek te verwerklik:

Vitamech se MacDon M155-selfloopplatsnyer werk vinnig en fluks om die gewasse sagkens en skoon af te sny net voordat dit ryp word, en in netjiese windrye te pak waar dit rustig droog word sodat die stroper dit later kan optel en elke korrel herwin.

Vir koringplatsny is MacDon se bandtafel die beste, want dit hanteer die materiaal die sagste en pak dit die netjiesste, maar as ՚n mens enigiets anders, soos voergewasse, wil sny en in windrye pak, kan enige soort tafel aan die MacDon gemonteer word.

Die venstertyd om koring plat te sny voordat dit begin korrels verloor is baie klein, daarom werk die MacDon vinnig – 25 km/u in die land, en as jy hom omdraai om op die pad na die volgende land te beweeg, draf hy teen 37 km/u. Vir padry, swaai jy net die sitplek om vir MacDon se Dual Direction® en daar gaan jy sonder ՚n oomblik se tydvermorsing.

Sy betroubare Cummins-enjin van 116 kW teen 2 200 opm werk suinig met die diesel, loop stil en lewer oorgenoeg krag vir die taak.

Die M-reeks se wiele loop lekker wyd en sy pens is ՚n volle 1 160 mm hoog sodat jy nie die windry wat jy so netjies gepak het met die masjien verrinneweer nie.

Vir die operateur in sy luggeveerde kajuit en sitplek is dit ՚n droom om met die MacDon-platsnyer te werk. Die gerekenariseerde tafelbeheerstelsel wys jou presies hoe jou platsnyer presteer en alles word maklik en logies vanuit die kajuit beheer – selfs verstoppings, wat maar selde voorkom, kan in die ry uitgeskop word.

Vir al hierdie werk vereis die MacDon M155 die minimum tyd en moeite aan onderhoud en versiening.

As koring kon kies: Vitamech se MacDon FD1-bandstropertafel

Hier kan duidelik gesien word hoe die seksies van die MacDon FD1 Flexdraper kan beweeg om die grondglooiinge getrou te volg vir ՚n voortreflike snit.

Dit is enige fatsoenlike koringoes se strewe om met ՚n MacDon FD1-bandstropertafel gestroop te word. Die MacDon FD1 Flexdraper volg immers die grondglooiinge getrou na om al die halms netjies af te sny en in gelid, almal met die koppe na dieselfde kant, op die band te beland wat hulle sagkens en sorgsaam na die stroper se bek begelei.

Op dié manier gaan die minste korrels verlore en die stroper stroop beter en hou langer omdat hy egalig en gelykmatig, sonder rukke en stote, gevoer word.

Die FD1-reeks het ՚n 20% beter werkskapasiteit as vorige modelle, verstellings en versienings is maklik en hy pas aan enige ordentlike stroper.

Die modelreeks se name is gegrond op die wydte van die toerusting in voet: FD130 (9,1 m), FD135 (10,6 m), FD140 (12,2 m) en FD145 (13,7 m). Die hoofraam word die FM100 (Float Mo-dule) genoem.

Die hidrouliese tenk hou 75 liter en drie pompe verrig al die hidrouliese take flink en voortreflik.

Die trommel met sy terugtrekbare tande, “Retractable Tine Drum (RTD)”, en met sy FeedMacX-voertegnologie kan verstel word om presies by die stroper se bek en werkspoed aan te pas. Awegaarvane kan op verskillende plekke aan die trommel vasgebout word om in enige toestande en omstandighede die beste vloei van materiaal na die stroper se ingewande te verseker. Die tande op die trommel staan bekend as DrumSaver Tines en hulle is hol buisies wat vinniger in en uit beweeg om voer te verbeter.

Indien daar ՚n groot versperring is, kan die pypies afbreek om die trommel te beskerm en skade aan die stroper se binnekant te verhoed.

Aan die optel- en snykant van die tafel is daar drie drywende seksies wat die grondkontoere knus volg, selfs met die yslike 13,7 m-tafel.

Die middelste gedeelte bly ewe groot in al die modelle; dit is die flanke se lengtes wat verskil. Die flanke se hoeke kan maklik meganies verstel word indien dit nodig sou wees. Jy kan ook die tafel met ՚n hefboompie van “Flex” na “Rigid” oorskakel indien jy nie die buigsaamheidsfunksie wil benut nie.

՚n Slim, wakker sensor volg die hoogte van die snystaaf bo die grond en hou dit outomaties op jou gekose hoogte van 1 tot 5.

Snywerk bly perfek omdat die tol aan die snystaaf gemonteer is om ՚n volgehoue kritieke klein afstand tussen die tolvingers en die snyerstaaf te handhaaf.

Vitamech, die vertroude en betroubare verskaffer van landbouoplossings, is die verspreiders van MacDon in Suid-Afrika. Kontak hulle by 021-907-8000, Louis van der Merwe: 072-626-8409, Jurie Swart: 083-375-8840, jurie@vitamech.co.za of besoek www.vitamech.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Hanteer jou vee self met Algar se veehanteringstoerusting

new holland

New Holland bied aan: Die soetste stroper en die taaiste trekker