in

Vier SA Kaasfees se 18de jaar in 2019!

kaasfees

This post is also available in: English

Die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees vier in 2019 ‘n groot mylpaal – sy 18de bestaansjaar! Feesgangers kan uitsien na ‘n waarlik unieke ervaring van kaas en méér tydens die driedaagse fees van Vrydag 26 April tot Sondag 28 April 2019 op Sandringham buite Stellenbosch.

Kom ervaar hoekom dié bekroonde fees onlangs as die Kaapse Wynland se “Fees van die Jaar” bekroon is. Ontdek die grootste verskeidenheid van plaaslike en internasionale kase, geniet opwindende proekombinasies, leer ken die mense en stories agter nisprodukte en kuier saam met familie en vriende.

Die feesprogram sluit kosteaters met pas-en-proesessies in, asook musiekoptredes en prettige aktiwiteite soos die daaglikse Ladismith Kaaskerfkompetisie. Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl. Kaartjies kos R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar R20. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie. Kaasliefhebbers wat ‘n meer eksklusiewe belewenis verkies, kan vir die Fynproewerservaring bespreek waarvoor daar slegs ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar is. Die Fynproewerspakket kos R950 per persoon (slegs persone bo 18 jaar) en is beskikbaar by Claudine Wagner by claudine@agriexpo.co.za.

Ontdek meer oor die SA Kaasfees se groot 18-jaar viering by www.cheesefestival.co.za, Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021-975-4440 of admin@agriexpo.co.za.

Bron: Agri-Expo

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

ProAgri

ProAgri 227

Agrico sit toepaslike tegnologie in die boer se hand