in

Verwag baie meer vanuit Jupidex se nuwe hoofkantoor

Die lint voor Jupidex se nuwe, indrukwekkende kantoor in Halstedstraat in Pietermaritzburg is op 26 November geknip.

This post is also available in: English

Die rye en rye blinknuwe werktuie op Jupidex se splinternuwe perseel is ’n ware lus vir die oog en getuig daarvan dat die maatskappy steeds bankvas agter elke boer staan. Ten spyte van die versengende droogtes oor die afgelope drie jaar wat diep gate in boere se sakke gelaat het en plek-plek nog byt, glo Jupidex dat landbou se fondament rotsvas is en steeds ’n mark is om in te belê.

Jupidex was eers Kverneland Suid-Afrika, wat in 1999 uit ’n gebou in Victoriastraat in Pietermaritzburg hulle eerste Kverneland-werktuig uit Noorweë ’n gelukkige tuiste op plaaslike bodem kon bied. In 2000 kon die maatskappy met drie werknemers, een verskaffer, 23 verskillende modelle en 12 afsetpunte spog. Vyf jaar gelede het hulle die treffende naam, Jupidex, aangeneem wat vandag onder die vaandel van die Plennegy-groep handel dryf. Na 10 suksesvolle jare het Jupidex se kantoor net te klein geraak en die op- en aflaai van vraghouers vol werktuigonderdele
in die straat het een te veel geword. “Ons was die talk of the town omdat die verkeer gedurig opgehoop het as ons die werktuie aflaai,” sê Nico Storm, uitvoerende direkteur van Jupidex.

Michael Yeadon, voorsitter van Jupidex, skud Koot van der Merwe, die besturende direkteur, se blad tydens die onthulling van die hoeksteen van Jupidex se nuwe kantoor in Pietermaritzburg.
Michael Yeadon, voorsitter van Jupidex, skud Koot van der Merwe, die besturende direkteur, se blad
tydens die onthulling van die hoeksteen van Jupidex se nuwe kantoor in Pietermaritzburg.
Mchale se F5500-reeks balers met die nuwerwetse outomatiese selfghries en –oliestelsel staan en wag vir boere wat nie meer wil sukkel met onderhoud nie.
Mchale se F5500-reeks balers met die nuwerwetse outomatiese selfghries en –oliestelsel staan en wag vir boere wat nie meer wil sukkel met onderhoud nie.

In November 2010 kon Jupidex begin asemhaal toe hulle toerustingperseel na Halstedstraat verskuif is, weg van die druk verkeer van die middestad. Die lint vir die opening van die nuwe hoofkantoor op die perseel is tydens ’n spoggeleentheid verlede jaar op 26 November geknip toe verskaffers en handelaars uitgenooi is om in die feesvieringe te deel. Die nuwe perseel is ’n ruim twee hektaar groot en dien as die afsetpunt vir al hulle produkte wat
van oor die wêreld heen in Durban se hawe land. Die inhoud van die behoueringskratte kan nou in rus en vrede, maar met die nodige Jupidex-vaardigheid en vernuf, op die nuwe perseel aanmekaargesit word om na hulle handelaars regoor die land vervoer te word. Vandag het Jupidex 54 werknemers wat by die hoofkantoor werk, agt verskaffers, 94 handelaars regoor die land en ’n produkreeks van 175 hoë-gehalte modelle.

Jupidex het nege streeksbestuurders wat die land van hoek tot kant bedien, asook vyf produkverkoopsbestuurders
wat gerekende rugsteun lewer en die boere van raad bedien. Soos baie ander Suid-Afrikaanse landboumaatskappye, kyk Jupidex ook noord en het reeds drie verspreidingspunte in Zambië gevestig. Hulle sustermaatskappy, Mascor, het die markte in Uganda en Kenia vasgemaak. Jupidex woel en werskaf deurlopend om nuwe produkte van die hoogste gehalte in te voer. Wêreldbekende handelsmerke soos Kverneland, Vicon, Fede, Wolagri, Agri-Spread en Alpler se werktuie loop reeds kruis en dwars deur die land. Hulle het so onlangs as middel Oktober verlede jaar die Ierse McHale-agentskap oorgeneem, wat bekend is vir die uitstekende balers wat hulle vervaardig. Jupidex spog ook met hulle eie plaaslik vervaardigde rollers wat aan enige van die Kverneland CL-modelle pas. Dit is ’n moet vir enige boer wat brandstof wil bespaar en verskeie werksaksies wil kombineer.

Handelaars van oraloor het hulle vertroue en ondersteuning in Jupidex bevestig met die bywoning van die Jupidex se nuwe perseel- en kantooropening. Terry Alexander het beduie hoe die Jupidex-droom in dade omgesit word.
Handelaars van oraloor het hulle vertroue en ondersteuning in Jupidex bevestig met die bywoning van die Jupidex se nuwe perseel- en kantooropening. Terry Alexander het beduie hoe die Jupidex-droom in dade omgesit word.

Vir meer inligting, skakel vir Terry Alexander by 082-383-6700 of 033-386-3574. Stuur gerus vir hom ’n e-pos na terry.alexander@jupidex.co.za of besoek hulle webwerf by www.jupidex.co.za.

Kverneland se beroemde oranje-rooi grondwerktuie staan hulle plek vol op Jupidex se nuwe uitstalruimte.
Kverneland se beroemde oranje-rooi grondwerktuie staan hulle plek vol op Jupidex se nuwe uitstalruimte.

Tydens Jupidex se nuwe kantooropening moes daar eers gekyk word hoe die McHale-baler, die nuutste toevoeging tot hulle stal, ’n windry binne oomblikke in ’n toegedraaide baal verander.
Tydens Jupidex se nuwe kantooropening moes daar eers gekyk word hoe die McHale-baler, die nuutste toevoeging tot hulle stal, ’n windry binne oomblikke in ’n toegedraaide baal verander.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

CLAAS se spogtrekkers skitter in Suid-Afrika

Scania is altyd betyds