in ,

Verseker jou oes deur die kundiges

This post is also available in: English

Tien kort minute … Dit is al tyd wat ‘n haelstorm nodig het om jou hele oes te vernietig. Maande se beplanning, kultivarkeuses, grondontleding en -voorbereiding, bemestingbeplanning en -toediening, pesbeheer, bykomende voeding en groen beloftes van groei, kan deur een storm verwoes word terwyl jy magteloos op die stoep staan en kyk.

“Dit is die breedtegraad waar ons onsself bevind,” verduidelik Reinhard Kuschke van AgriSeker. “Ons weer is baie wisselvallig en veral met die draai van seisoene is daar baie veranderlike en vernietigende verskynsels.”

Reinhard Kuschke van AgriSeker

Aan die weer kan jy niks doen nie, maar aan jou risiko wel!

Reinhard sê daar is ‘n goeie rede waarom oesversekering in Suid-Afrika al langer as 80 jaar bestaan. Elke boer weet daar gaan een of ander tyd iets gebeur wat sy oes kan verwoes en dan moet sy ekonomiese belang beskerm word. Dit gaan nie net oor die inkomste van die oes self nie, maar die insetkoste, finansieringskoste, kontantvloei en voorsorg vir die volgende aanplanting.

AgriSeker se mense verstaan dit en met 22 jaar se ondervinding in die bedryf is AgriSeker as onderskrywingsbestuurder (UMA, soos dit kortweg bekend staan), dié setel van kundigheid wat deur makelaars en ander versekeringsmaatskappye as rugsteun gebruik word.

AgriSeker het sy wegspring in die bankwese gehad, maar het homself 6 jaar gelede as spesialiseenheid uitgekoop en is geregistreer as ‘n onafhanklike regsentiteit met al die nodige registrasies as  onderskrywingsbestuurder-maatskappy.

Die maatskappy maak slegs gebruik van geregistreerde tussengangers wat hulle boere in die verskillende streke by die naam ken.

Reinhard sê: “Ons het streekbestuurders en hulle ken ook die boere en weet na wie om enige boer te verwys om die beste inligting rakende oesversekering te kry.”

Enige landbouversekering is anders as gewone korttermynversekering, en oesversekering is ‘n nismark in die nismark. Dit word nie soos ander polisse jaarliks hernu nie, want elke oes en elke gewas is elke seisoen anders.

Dit beteken AgriSeker se mense moet op hulle tone wees met planttyd om ook die boere wat tot 35 Desember plant te help! AgriSeker het ook stelsels wat dit vir boere makliker te maak om net ‘n vinnige aanpassing te doen in ‘n tyd wat gewoonlik die besigste tyd op die plaas is.

Byvoorbeeld: Oom Jan het beplan om 800 hektaar laatseisoen mielies en 200 hektaar sonneblom te plant, maar hy het op die ou end 400 hektaar sonneblom geplant. Voor die tyd gee hy sy beplanning deur en al die papierwerk word gedoen. Na die finale aanplanting kan die syfers net aangepas word, want verskillende gewasse het verskillende risikovlakke en -tye.

Dit is ook nie net graan wat verseker word nie. AgriSeker dek ook boorde, wingerde en groente teen skade deur die meeste weersomstandighede soos hael, ryp, droogte en vloede, asook onvoorsienbare ongelukke soos ‘n vragmotor wat op pad silo toe sy as breek en sy vrag verloor. As die buurman se beeste deur die draad breek om bietjie aan die groen mielies te kom smul, is AgriSeker ook daar om te help.

Dit is veral by die bepaling van skade waar die AgriSeker-span se kundigheid werklik tot sy reg kom. Die span van 140 assessore gaan deur ‘n harde leerskool, sodat hulle weet hoe om te weeg, meet, tel en elke soort gewas se skade akkuraat te beraam.

AgriSeker se span ken boerdery en hulle is daar om jou te help om aan te hou boer.

“Enige taksering op die land moet deur ‘n spesialis hanteer word. Ons stel net mense aan wat die hartklop en gety van landbou verstaan. ‘n Nuwe assessor kan tot twee jaar lank saam met ‘n ervare persoon die pad loop voor hy of sy vir die eerste keer alleen uitgaan,” sê Reinhard.

Reinhard self het sy loopbaan as landbouweerkundige begin en hy het nog in ABSA se dae begin om elke week ‘n weernuusbrief op te stel. AgriSeker stuur die weeklikse Cumulus-weerflitse nou nog uit en dit help ook dat boere beter risiko-bestuur kan toepas.  

Na die taksering word daar ook nie gespeel met uitbetaling nie. “Dit kan gebeur dat ‘n boer nog net twee dae het om oor te plant na ‘n ellende, dan het hy sy geld nou nodig, nie volgende week nie,” sê Reinhard.

Kry versekering by die kundiges. Besoek www. agriseker.co.za om uit te vind wie is jou naaste diensverskaffer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

As jy fluks vooruit wil boer …Word deel van die Massey-familie

Bespaar met Shell se smeermiddels