in ,

Vernuftige voermenger: Net Rumax is beter as Rumax

This post is also available in: English

Nadat Mike van Niekerk van Derby se vorige voermenger sy sesde verjaarsdag (nie uit nie) op die plaas gevier het, het hy besluit dit is nou genoeg; dit is tyd vir ’n nuwe menger. Toe ruil hy sy Rumax in op ’n nuwe Rumax!
Die nuwe Rumax 9 moet nou bontstaan om twee keer elke dag ses verskillende voermengsels gereed te kry vir die gemengde boerdery op die plaas. Mike melk so 80 tot 90 koeie en dan is daar ook kalwers wat grootgemaak word en ’n voerkraal.
In hulle opset hanteer Mike-hulle net klein hoeveelhede vir elke mengsel, maar die kerwermenger kan 9 m³ se materiaal op ’n slag verwerk. Hy sê dit is geen probleem vir die werkers om die verskillende mengsels te maak nie, want elke resep is neergeskryf en hulle moet net op die menger se akkurate skaal dophou dat elke bestanddeel se gewig reg is.
“Die oopslaanbak agter wat lag kan sak, maak dit ook baie maklik vir ouens wat nie hystoerusting het om byvoorbeeld bale bo in te gooi nie. My manne gaffel die hooi in en gooi dan die res van die mengsel by,” vertel Mike.
Die boepensbak kan, net soos die kettinguitlaaigeut, hidroulies vanuit die trekker se kajuit beheer word. “Hy vra ook nie veel trekkerkrag nie,” sê Mike. “My ou 385 Massey sleep en draai hom met groot gemak.”
Die Rumax-menger se twee groot horisontale kerfwurms word deur ’n ratkas aangedryf en hulle draai na mekaar toe, wat sorg dat alles egalig fyngekerf en deeglik gemeng word – hoe langer jy kerf, hoe fyner is die materiaal.
Soos vir enige boer, gaan dit vir Mike ook oor prys en diens: “Omdat dit ’n plaaslike produk is, is onderdele altyd beskikbaar en goed geprys en Jaco-hulle sal van Worcester af altyd ’n plan maak om te help as daar ’n probleem is.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Jumil 3090 sorg vir kopskuif na geenbewerking

Boer baal en draai soja toe vir kuilvoer