in ,

Verbeter jou pekanneutoes met World Focus

Die jong boom het amper meer stuifmeelpeule as blare nadat World Focus se bemestingsplan in werking gestel is.

This post is also available in: English

“Ek hou baie van World Focus se uitkyk,” sê Herlu Smit van Boomplaas naby Jacobsdal. “Hulle is nie hier net om ’n produk te smous nie; hulle verbeter die gesondheid van die grond en dit lei tot hoër produksie.”

Herlu sê daar is groot waarheid in die slagspreuk: Sorg vir jou grond, dan sorg jou bome vir jou.

Hy het 2016 pekanboorde oorgeneem wat tot in daardie stadium glad nie goed bestuur is nie. Die blokke het gewissel van drie tot sewe jaar oud. Herlu het die plaaslike verspreider van World Focus se produkte, Tinus Berg, gekontak en begin om die pad saam met die maatskappy te loop.

Een van sy hoofoorwegings was dat World Focus se produkte organies is, want dit is die toekoms waarheen hy mik. Die produkte is nie net organies nie, maar ook uitstekend. “World Focus se gemikroniseerde kalk het wondere verrig,” sê Herlu.

Hy sê hy kon nie die volledige aanbevelings volg nie, omdat die boorde nog nie vir hulleself kon betaal nie, maar selfs met die verlaagde toedienings het die prestasie na die eerste jaar vanself gespreek:

Neutgraderings 2016 vs 2017 (Geen medium of klein neute vir 2017)

Die ander groot voordeel is dat die volumes van die middels aansienlik laer is as die tradisionele produkte. Vyf kilogram van die gemikroniseerde kalk se werking is gelykstaande aan een ton gips, maar daar is nog ’n verdere besparing, want jy het nie soveel vervoerkoste, masjinerie en werkstyd nodig om dit te strooi en in te werk nie – dit kan met ’n spuit of deur die besproeiingstelsel toegedien word!

Herlu Smith van Jacobsdal beduie hier dat die boom vyf jaar oud is.

World Focus se plan vir Boomplaas se nuwe boorde:

Volgens World Focus se verslag was die perseel in ’n kritieke toestand. At van Schalkwyk sê: “Voordat ons betrokke raak by ’n boerdery of enige aanbevelings doen, neem ons volledige grondmonsters en laat dit spesifiek ontleed. Vanaf die ontledings kan ons dan ’n volledige kort-, medium-, en langtermynbemestingsplan uitwerk en aan die boer voorstel.”

In hierdie geval het die ontleding getoon dat die meeste van die blokke ’n drastiese tekort aan fosfaat (P), uitermate hoë magnesium (Mg) en heeltemal te min kalsium (Ca) bevat het. Die geweldige hoë magnesium het veroorsaak dat die kaliumopname belemmer is.

Die fosfaattekort is reggestel met mikrofyn rotsfosfaat terwyl die kalsiumtekort met ultrafyn gemikroniseerde kalsitiese kalk (Complex Calsus) en ultrafyn gemikroniseerde gips (Complex Calsul) aangevul is. Die aanvulling is gedoen met 5 kg/ha Complex Calsus gekombineer met 5 kg/ha Complex Calsul wat in water opgelos en met ’n onkruidspuit op die wortelsone van die jong bome gespuit is. Mikrofyn produkte is gebruik omdat die reaksietempo soveel vinniger en die reaktiwiteit soveel meer doeltreffend is as konvensionele produkte.

Die gemiddelde partikelgrootte van die ultrafyn gemikroniseerde kalk is 5 – 15 µm (1 000 maal kleiner as 80% van konvensionele landboukalk).

Complex Calsus (B4682): Ca…406 g/kg, Mg…29 g/kg, Organiese komponent…30 g/kg

Complex Calsul (B4990): Ca… 230 g/kg, Mg…140g/kg, Organiese komponent…30g/kg

Om verder tot die plant se gesondheid en groeikrag by te dra en voedingtekorte aan te vul, is ’n organiese groeistimulant, Gliosense, gebruik. In Gliosense is ETP, ’n ensiem wat afkomstig is van mikro-organismes wat in ’n beheerde omgewing vermeerder word. Die Gliosense is as blaarbespuiting aangewend voor blom, tydens vrugset en sal weer toegedien word tydens die laaste fase van neutvul.

Ondertussen is ’n produk met die naam van Glionut geregistreer. Glionut is ’n organies gebaseerde groeistimulant, aangevul met mikro- en spoorelemente asook nikkel (Ni) en sink (Zn) spesifiek vir gebruik by pekanneute.

Gliosense: ETP…1,5 µm/ml, B…7 g/l, Cu…8 g/l, Fe…9,8 g/l, Mn…30 g/l, Zn…21 g/l.

Glionut: ETP…1,5 µm/ml, ZN…105,99 mg/kg, Mo…3 mg/kg, Cu…17,99 mg/kg, Fe…112 mg/kg, B…20,99 mg/kg, Mn…118 gm/kg, Ni…1 226,95 mg/kg.

Verder is nog twee produkte as blaarbespuiting gebruik, naamlik SuperZn met bykomende sink en SuperK met bykomende kalium en stikstof. By albei produkte is die voedingselement in ’n unieke kombinasie van organiese sure, aminosure en ensieme gecheleer.

Kontak At van Schalkwyk by 082-452-8983 of at@molcastagri.com of besoek www.molcastagri.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

SA moet hande vat teen rassiste soos Andile Mngxitama van BLF

Volhoubaar, betroubaar, bekostigbaar: MI Power bied krag waarop jy kan reken