in ,

Veeldoelige Bonnox werk in ’n veelsydige boerdery

Al Jasmyn se varsmelk en melk vir hulle suiwelprodukte word deur hierdie Jerseys verskaf wat netjies en veilig met Bonnox se 1,2-meter heining toegespan is.

This post is also available in: English

Bonnox is met reg ’n beroemde en geëerde naam op plase regoor Suid-Afrika. Net soos Bonnox, het Jasmyn-plaas en -padstal by Hartbeespoortdam ook al ’n huishoudelike naam geword.

Hierdie veelsydige onderneming kry dit reg om op ’n klein stukkie grond feitlik al die landbouprodukte vir hulle boeremark en restaurant in die dorp te produseer. Hulle boer letterlik met honderde verskillende gewasse en diere.

Andries van Niekerk is die gewasbestuurder op Jasmyn, wat ’n klipgooi van die dam in Meerhof geleë is. Hy moes onlangs weer heinings span en Bonnox was natuurlik sy eerste keuse. “Ek het Bonnox op die plaas gekry. Des Erasmus, een van die eienaars, het dit al jare gelede begin gebruik om die plaas af te rond en die diere en gewasse te beskerm en bymekaar te hou.”

Jasmyn het amper 300 Jerseys waarvan 180 koeie in melk is en dit was ’n ruk gelede weer tyd om vir hulle nuwe kampe te span. Andries het ook ’n pekanneutboord geplant en die jong boompies moes toegemaak word “Ek het ses maande gelede so 16 rolle van Bonnox se 1,2-meter heining gekoop om die Jerseys se kampe te span en om die nuut aangeplante pekanneutbome te beskerm,” sê Andries. Drie arbeiders was nodig om die pale te plant en die ankerdrade vas te maak. Daarna het dit vinnig geloop en ons kon in ’n baie kort tydjie klaarmaak.

“Ons het destyds ons eie trekklampe gemaak wat ek hierdie keer weer gebruik het. Dit werk baie maklik en mooi om die heining deeglik styf te span.”

Die vyeboord en die dorpers wat die gras moet kort hou, word met Bonnox se netjiese 1-meter heining toegespan.

Andries wil in die toekoms nog ’n paar kampies toespan sodra die voorbereidingswerk gedoen is, maar hy het ’n ander nuutskeppende plan met Bonnox se gewone staaldraad. ”Ek wil houtpale aan weerskante van elke ry vyebome plant en dan ’n paar lyne Bonnox-staaldraad tussenin span om die vyebome se takke soos druiwelote daarteen te laat oprank. Dit sal die spuit, behandeling en oes van die vrugte soveel makliker maak…”

“Bonnox is ’n baie goeie en betroubare produk en ons het nog geen probleme gehad nie. Die draad roes nie, dit breek nie as jy dit styftrek nie en dit is regdeur volversink,” sê hy. Die ander boere kan maar Bonnox koop, hoekom wil jy sukkel?

Christo van Wyk is Jasmyn-plaas se veebestuurder en hy is ook ’n Bonnox-man. “Ons gebruik dit baie suksesvol vir die klein kalfies (van speen tot nege maande oud) se kampies, want hulle kruip maklik deur die gewone draad met die 6- tot 8-duim gapings. Dieselfde geld vir die skape. Hulle kan onmoontlik deur ’n Bonnox-heining kruip.”

Andries van Niekerk wys hoe hy Jasmyn-plaas se nuut aangeplante pekanneutbome met 1,2-meter Bonnox en skudunet teen die elemente beskerm.

Bonnox het n heining vir elke doel. Skakel Bonnox by 012-666-8717 of 076-169-9068, of stuur ’n e-pos na gerda@bonnox.co.za, linda@bonnox.co.za of zane@bonnox.co.za. Besoek ook Bonnox se webwerf by www.bonnox.co.za om met hulle wye reeks produkte en nuttige inligting kennis te maak.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Drape Net SA: Beskerm die vrug op jou arbeid

meadow

Meadow maak veilige voer