in ,

Valtrac se Terradisk en APV bly ’n bobaasspan

Valtrac se Pöttinger Terradisk 4001 wat saam met die APV 300 veeldoelige strooier werk, nooi jou uit om nader te staan en die resultaat te bewonder.

This post is also available in: English

Gehalte en duursame werktuie betaal nou maar net beter op die lang duur en Pöttinger se Terradisk-grondbewerkingsreeks val netjies in daardie kategorie.

Charl Theron is ’n jong boer vir wie gehalte baie belangrik is. Hy het hom verlede jaar by sy skoonpa, Paul van Niekerk, op die plaas Boshoek, buite Memel aangesluit en die wyse besluit geneem om Valtrac se Pöttinger Terradisk 4001 te koop. Daarmee saam het hulle die APV 300-strooier gekoop wat bo-op die Terradisk gemonteer is. Charl het sedert Desember reeds 100 hektaar dekgewasse geplant.

Charl is eintlik goed vertroud met die Terradisk en APV-kombinasie. Hy het ՚n paar jaar gelede drie van hulle saam met sy pa, Louis, aangeskaf, en hulle altwee is steeds baie tevrede daarmee:

Charl sê: “Ons het drie jaar gelede die APV bo-op die Terradisks by Nampo gesien en toe besluit om dit plaas toe te bring.” Op Boshoek moes dieselfde gebeur. Hulle het die vier meter breë werktuig gekoop, wat lekker by hulle bedrywighede inpas. “Pöttinger se Terradisk is die Rolls Royce van die vertikale bewerkingswerktuie. Dit loop seepglad deur die sandsteenklippe van die Oos-Vrystaat. Ek het nog nooit n skottel verloor nie.”

Charl en Paul is aartappelmoerkwekers, maar plant ook mielies en dekgewasmengsels soos voersorghum, hawer en meerjarige raaigras. Met die dekgewasse het die Terradisk een bewerking uitgesny. Voorheen moes ’n skotteleg en daarna ’n planter ingespan word. Nou het hulle ’n planter en skotteleg in een. Nadat die skeurploeg deur is, word die Terradisk en APV deurgestuur om die grond los te maak, die reste in te werk, ’n saadbed voor te berei, die dekgewassaadmengsels uit te strooi en mooi vas te trap.

As ’n bonus span Charl en Paul Valtrac se Terradisk in om die lande vir die aartappelplantery gereed te kry. Die werktuig se wisselgangskottels maak die grond los en werk die stronke mooi in, en die roller laat ’n pragtige, gelyke saadbed agter. Die aartappelplanter het dan geen probleem om gladde, afgeronde banke te vorm waarin die moere maklik kan ontkiem nie.

Met plant- en grondwerk werk Charl 70 tot 80 mm diep, omdat die skeurploeg reeds deur is. Die wisselgangskottels sny die bogrond terwyl dit heen en weer gegooi word en gelyk gemaak word. Dan is die grond lekker los voordat die saad gestrooi word. Wanneer Charl slegs grondwerk doen voor die aartappels geplant word, werk hy 100 tot 150 mm diep om die organiese materiaal onder die grond te kry.

Die dieptebeheer van die skottels word met die agterste roller gestel deur ’n aantal plaatjies om die hidrouliese silinder by te sit of af te haal. Dit word sonder gereedskap, binne sekondes gedoen. Valtrac voer twee soorte rollers in. Paul gebruik die swaarder, soliede roller en suikerrietboere verkies die hokroller om die lote mooi toe te maak nadat dit geplant is.

Die werktuigkombinasie tel lekker hoog op om maklik op ’n wenakker te draai.

Die Terradisk en 300-kg APV het ’n paar gawe, goeddeurdagte funksies en nuutskeppings wat ’n boer se lewe baie makliker maak:

’n Veerskakelaar wat teen die trekker se optelarm druk, aktiveer die APV se voerroller onder in die saadbak sodra die werktuig laat sak word en stop as dit opgetel word. Die planter se hidrouliese blaser word vanuit die kajuit beheer. Vir die kleiner Terradisk-modelle wat drie meter en smaller is, word die APV se blaser vanaf die trekker se battery aangedryf.

Onder aan die voorkant van die Terradisk is ’n radarsensor wat die grondspoed meet. Dit pas dan die strooivolu-mes aan soos die trekker versnel of stadiger ry. Die Terradisk hou egter van spoed en werk optimaal teen 13 tot 14 km/u.

Die APV se 16 saadverspreiders werk uitstekend en dek elk ’n 250-mm strook (125 mm na weerskante). Alhoewel die saad teen die lepels vasgeblaas word, werk dit sagkens genoeg dat jy selfs sensitiewe sojaboonsaad kan strooi. Die stroke oorvleuel effens om te sorg dat die rante van die stroke ook die regte aantal saadkorrels kry en as daar ’n verstopping is, word die meeste van die oppervlakte steeds gedek.

Charl het ’n kalibrasiesak, skaal en drie saadvoerrollers vir drie groottes saad saam met die APV gekry. Die drie saadvoerrollers het verskillende holtegroottes om die verskillende sade doeltreffend vanuit die saadbak te vervoer.

Pöttinger het gevind dat skottels aan die punt van ’n hulseenheid baie hefkrag op die huls en rubbervere uitoefen en het dus besluit om elke skottel aan weerskante aan arms te monteer om egalige spanning op die huls en rubbervere te verseker.

Kontak vir Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308 of stuur n e-pos na attiedev@valtrac.co.za vir meer inligting. Besoek ook www.valtrac.co.za om die res van Valtrac se wye reeks uitmuntende werktuie te sien.

Charl Theron kan by Johan Duvenhage van Valtrac spog oor sy mooi voersorghum- en hawermengsel wat deur Valtrac se Terradisk en APV-kombinasie geplant is.
Die Novacat A10-kruisvloeisnyer van Pöttinger is by die internasionale landbouskou, SIMA, in Frankryk as ’n kategoriewenner bekroon. Die snyer sny 10 meter wyd en laat ’n netjiese windry in dieselfde beweging. Dit is ideaal vir groenvoer of kuilvoermaak.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kubota: Die beste bloubessies kies die beste oranje trekkers

Drape Net SA: Beskerm die vrug op jou arbeid