in ,

Valtrac se Kuhn-hoogloopspuit is die nuwe norm

Kuhn
Kuhn se nuwe Stronger HD 4000 word deur Valtrac ingevoer en ondersteun om grootskaalboerdery ’n fees te maak.

This post is also available in: English

Groterwordende plase vereis groterwordende werktuie en daarom het Kuhn ’n nuwe hoogloopspuit gebou. Die werktuig is wêreldwyd gewild en is tans besig om ook in die Suid-Afrikaanse mark ’n stewige vastrapplek te kry. Valtrac, die betroubare verskaffer van landboutoerusting, is die invoerder en verspreider van hierdie grensverskuiwende spuit.

Die Kuhn Stronger HD 4000 is vanjaar by Nampo bekendgestel en sy stewige, 36-meter balk wat van aluminium vervaardig is, het omtrent oor die hele Valtrac-standplaas gestrek. Die eerste Stronger is deur Tollie Nel, wat buite Newcastle op die plaas, Krom Elmboog, boer gekoop. Aan die gesonde gewasse op sy plaas kan ’n mens sien dat hy die regte keuse gemaak het.

Die mees opwindende en rewolusionêre kenmerk van hierdie spuit is die Bosch elektroniese aandryfstelsel. Dit is die eerste spuit wat hierdie aandryfstelsel gebruik om alles vanaf wielglip, enjinomwentelinge asook pompdruk (deur enjinomwentelinge aan te pas) te beheer en is in ’n groot mate verantwoordelik vir die brandstofverbruik wat besonder laag is vir ’n 4 000-liter hoogloopspuit.

Die Trimble GPS-stelsel is net so modern en is op ’n Android-platform gebou. Dit laat ’n boer toe om op die internet in te skakel, sou dit nodig wees vir Valtrac se tegniese span om toegang tot die stelsel te kry. Trimble se herhaalbaarheid is uitstekend ‒ die spuit sal elke keer presies in sy vorige spore trap. Dit verseker minimum skade aan Tollie se sojabone, mielies en koring.

Die 36-meter balk werk mooi saam met sy 12-meter planter en vertoef baie minder tussen die gewasse as sy vorige spuit. “Die spuit trap aansienlik minder graan plat en omdat ons nou breër spuit, ry ons minder deur die land. Dit bespaar baie diesel en arbeid,” sê Tollie se plaasbestuurder, Willem Botha. Hulle gebruik ook die spuit vir kunsmis- en plantvoedingtoediening.

Buiten die minder heen-en-weer ryery is die Stronger 4000 se dieselverbruik dramaties minder as dié van sy voorganger. “Hy verbruik so 500 tot 700 ml diesel per hektaar, afhangende van die grond se natheid. Ons vorige spuit se balk was korter en het een liter diesel per hektaar verbruik,” sê Willem.

Die spuitbalk se seksiebeheer is in 9 dele verdeel en elke viermetersegment beheer homself heeltemal onafhanklik. Dit verseker dat die spuitstoftoevoer onmiddellik afgesluit word en geen onnodige vloeistof in die stelsel afloop nie.

Willem Botha, plaasbestuurder op Krom Elmboog, wys hoe hy sy hande van die stuurwiel kan wegneem terwyl die spuit self op die wenakker omdraai en weer presies in die volgende baan se spoor in ry.

Valtrac bied ook ’n rewolusionêre tweespuitkopstelsel. Dit is ’n goedkoop opsie wat deur Kuhn ontwikkel is en kan op bestelling bygesit word. Wanneer die spuit stadig ry, word die fyner spuitkop geaktiveer en wanneer dit versnel, skakel dit oor na die groter spuitkop om meer spuitstof toe te dien. Albei spuitkoppe word saam geaktiveer teen ’n nog hoër spoed of wanneer hoë volumes toegedien moet word. Dit verseker eenvormige druppelgrootte teen verskillende werksnelhede en kos ongeveer ’n derde van ander tegnologie wat dieselfde funksie verrig. Boonop is daar ’n bykomende voordeel van laer onderhoudskoste, aangesien jy steeds jou standaard spuitkoppe kan gebruik. Dit werk verbasend goed en verseker ’n baie egalige toediening. Die sproeikoppe steek ook nie onder die balk uit nie.

Die balk word stabiel gehou deur Kuhn se swewendebalk-ewewigmontering. Die olieversameltenk en ’n terugskietveer aan die balk werk saam om skade tot die minimum te beperk indien dit ’n hindernis sou tref.

Die Stronger 4000 se onderdele wat met spuitstof in aanraking kom is van vlekvrye staal gemaak. Dit sluit die 4 000-liter tenk en die sentrifugale pomp, wat 600 liter per minuut verplaas, in. Jy kan dus die tenk maklik binne vier minute vul. Die vlekvrystaaltenk hou veel langer as ’n plastiektenk en kraak ook nie so maklik nie. Dit is ook makliker en vinniger om ’n vlekvrystaaltenk skoon te maak omdat niks in die staal kan intrek nie. Die 4 000-liter tenk is lekker groot en verminder die volmaakritte, wat baie tyd en brandstof bespaar. Om die spuitkoppe en pype nog langer te laat hou, het die Kuhn HD-reeks ’n 400-liter skoonwatertenk wat aan die einde van ’n skof gebruik word om die hele tenk en spuitstelsel uit te was.

Dié moderne masjien is ten volle vierwielaangedrewe en die wiele word hidroulies aangedryf. Al die komponente van die hidrouliese stelsel word elektronies beheer en wielglip op elke wiel word byvoorbeeld afsonderlik beheer. Wanneer een wiel begin gly, word olie-vloei na die wiel se pomp verminder totdat die wielglip oor al die wiele weer gebalanseerd is. Dieselfde geld vir wanneer jy rem ‒ dan skop die hidrouliese antisluitremstelsel in. Met al hierdie inligting tot sy beskikking, kan die dieselenjin homself reguleer om teen die mees geskikte omwentelinge te werk vir die laagste brandstofverbruik en beste doeltreffendheid, selfs in moeilike omstandighede.

’n Intelligente, hidrostatiese ratkas sorg dat die regte hoeveelheid krag deurgaans na hierdie gevorderde stelsel oorgedra word.

Die spuit het nie ’n vetpedaal nie. Daar is inderwaarheid geen werk vir jou voete nie en alles word met ’n stuurstok gedoen. As die stuurstok vorentoe gedruk word, begin die enjin teen 1 600 omwentelinge draai. Soos die spoed verhoog en meer krag nodig is, word die omwentelinge meer. Dit is die rede hoekom die Stronger 4000 so lig op brandstof is.

Op die pad handhaaf die spuit maklik ’n spoed van 30 kpu en in die lande is 15 kpu ’n doeltreffende, gemaklike spuitspoed. Om te rem, word die stuurstok teruggetrek en die balk se funksies word ook met knoppies op en langs die stuurstok beheer.

Al die beheerfunksies van die spuit, insluitende vorentoe en agtertoe, word vanaf die stuurstok en konsole gedoen.

Draai outomaties om

Willem is baie ingenome dat Kuhn dit reggekry om die spuit aan die einde van die land outomaties te laat omdraai. Gelukkig vereis die spuit dat jy ’n knoppie op die skerm druk sodra die wenakker nader kom, sodat hy seker is dat die operateur nie aan die slaap raak nie.

Vir die boere wat steeds lugtig is vir al die elektroniese tegnologie, is daar ’n meganiese drukmeter aan die buitekant van die kajuit wat uit die sitplek dopgehou kan word. Die sigbaarheid vanuit die kajuit is ook beter as die vorige modelle s’n en die lugkussing onder die operateur se sitplek verseker baie ure se spuitgerief. Die Stronger 4000 laat jou ook toe om die wielwydte hidroulies vanuit die kajuit te verstel en die pensvryhoogte is 1,8 meter.

Om in pas te bly met Valtrac se moderne produkte en oplossings, skakel Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

Willem Botha hoef net ’n hefboom te trek om die meng- en toedieningstenk te laat sak. Jy kan maar vergeet van die bak, want as die spuit vorentoe loop, vou dit vanself weer op en gaan lê uit die pad in sy holte teen die spuit se pens.
Die 380/90 R46-duim straallaagbande van Kuhn se Stronger HD 4000 is steeds baie smal en bied uitstekende vastrap en rygemak sonder om gewasse onnodig plat te trap.

Die tenk se suigpomp kan met gemak 600 liter per minuut na die spuit se 4 000-liter tenk verplaas.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wetlike aspekte van Brucellose-beheer

SA moet hande vat teen rassiste soos Andile Mngxitama van BLF