in ,

Valtra: ‘n Trekker vir elke boer

Valtra se volledige reeks Brasiliaanse trekkers by NAMPO 2022 — ՚n trekker vir elke boer en elke plaas.

Valtrac se verkryging spruit uit die boer se werklike behoeftes. As ՚n boer ՚n sekere taak wil verrig en toerusting daarvoor nodig het, praat hy met Valtrac. Valtrac se standplaas by NAMPO was vanjaar weer ՚n hoogtepunt vir boere, met trekkers te kies en te keur.

“Om terug te wees by NAMPO is baie lekker,” verklaar Wynn Dedwith, die stigter van Valtrac Suid-Afrika. “Na ՚n paar jaar wat ons nie hier was nie, is dit lekker om weer al ons klante te sien, toekomstige klante te ontmoet, verhoudings weer op te bou en te spog met die eersteklas werktuie wat ons die boer bied.”

Bekendstelling van Valtra se nuwe vyfdegenerasie-trekker

Valtra se vyfdegenerasie-trekkers is vir die heel eerste keer by NAMPO bekendgestel. Die vyfdegenerasie-trekker is ՚n opgradering op die vierdegenerasietrekker. ՚n Unieke eienskap van hierdie trekker is dat hy nie ՚n paneelbord soos ander trekkers het nie. “Alhoewel die trekker ՚n meganiese ratkas het, skakel die ratkas outomaties, maar die skakelings vind baie vinniger plaas as wat ons in ons vorige reeks trekkers gehad het.”

Wynn beskryf die trekker as uiters ekonomies en doelgerig. Hierdie nuwe reeks trekkers word vervaardig in die “Valtra unlimited studio” wat beteken dat jy die trekker presies kan kies soos wat jy hom wil hê.

“Die trekker word dus gebou volgens spesifikasies wat deur die kliënt deurgegee word, met die ontwerp, gemak en funksies wat benodig word om in enige omgewing te floreer.

“Hierdie spesifieke trekker is ontwerp volgens een van ons klante se spesifieke behoeftes. Toe die klant Maandagoggend by NAMPO aankom om sy nuwe Valtra-vyfdegenerasie-trekker vir die eerste te keer sien en in hom klim, kon hy nie glo wat hy sien nie. Dit is lekker om so ՚n breë glimlag op ՚n klant se gesig te sien. Dit is wat dit lekker maak om Valtra-trekkers te verskaf — tevrede klante,”

sê Wynn.
Wynn Dedwith en Bronwyn Cilliers van Valtrac is met reg trots op die splinternuwe Valtra-vyfdegenerasietrekker.

Wat maak die vyfdegenerasie Valtra-trekker uniek?

Die trekker het glad nie meer ՚n instrumentpaneel voor die stuurwiel nie; dit is vervang met ՚n paneel, die “Valtra smart touch” wat regs van die operateur sit. Hierdie paneel bestaan uit drie dele: die boonste deel is vir die beheer van jou spoed en enjinomwentelinge, en die ander twee dele kan spesifiek geprogrammeer word volgens wat die operateur daar wil hê. Hierdie paneel is baie eenvoudig om te verstaan en baie gebruikersvriendelik.

Alles aan die trekker word vanuit die armleuning beheer: vorentoe- en truskakeling, hidrouliese take, spoed en enjinomwentelinge … As jy met ՚n i-pad of ՚n slimfoon kan werk, sal jy hierdie paneel sommer lag-lag bemeester.

Die trekker kies ook sy eie enjinomwentelinge en die rat waarin hy wil werk volgens die krag wat die werktuig vereis sodat jy deurgaans verseker is van optimale brandstofverbruik.

Alle funksies op die paneel is programmeerbaar, so die trekker word honderd persent volgens die profiel vir elke taak en elke operateur saamgestel.

“Die operateur hoef dus net een knoppie te druk en die trekker doen alles daarvolgens. ՚n Mens gebruik net die koppelaar om die trekker aan te skakel, daarna hoef jy glad nie die koppelaar te gebruik nie,”

vertel Wynn.

Die trekker het ook die tweede stuurwiel na agtertoe, ՚n unieke eienskap van Valtra trekkers wêreldwyd; as jy jou sitplek omdraai, ry jy agtertoe net so goed soos vorentoe om jou bonestroop en kuilvoersny maklik en doeltreffend te doen. Hierdie is ՚n volledigepakket-trekker, ՚n trekker wat jy 365 dae van die jaar kan gebruik.

Met die luukse SmartTouch-instrumentpaneel en armleuningbeheer is alles wat die operateur nodig het byderhand.

“Die trekker het ՚n baie luukse en duursame afwerking in die kajuit. Dit is werklik iets om op trots te wees,”

voeg Wynn by.

Valtra se BH-trekkerreeks

Valtra bied ՚n volledige reeks trekkers, van klein tot groot vir boere om van te kies. Die Valtra-reeks trekkers begin by 60 kW en strek tot 275 kW. Valtra se volledige reeks Brasiliaanse trekkers was ook vir die heel eerste keer by NAMPO uitgestal.

Wynn sê: “Hierdie reeks trekkers is effens goedkoper en eenvoudiger werkesels. Die trekkers het ook ouer tegnologie in, maar nietemin, ons het ՚n trekker vir elke boer. Elke boer kan kry presies wat hy wil hê. Soos jy bestel, sorg ons dat ons aan elke boer se spesifieke behoeftes voldoen.”

Wynn verduidelik hoe hierdie Brasiliaanse trekkers die boer voorbeeldig kan dien:

A93F

Hierdie is die kleinste trekker in die reeks. Hierdie trekker is soortgelyk aan die A990-trekker, behalwe dat hy ՚n kleiner vooras en effens korter agteraste het, maar die meganiese gedeelte, die enjin, ratkas en koppelaar van hierdie trekker is presies dieselfde as die groter weergawe. Hierdie is eintlik ՚n groot trekker, wat kleiner gemaak is vir die vrugtebedryf. Met die gewig wat hierdie trekker het, vaar hy uitstekend teen hellings met sy uitsonderlike vastrapvermoë. Hy is ՚n baie gewilde keuse onder vrugteen wingerdboere.

A104

Die A104 is die kleinste van die vierdegenerasie Brasiliaanse trekkers. Die 74 kW trekker het ‘n betroubare driesilinder- AGCO common-rail enjin met ‘n turbo-aanjaer asook interverkoeling wat baie lig op brandstof is. Daar is in lae- en hoë ratskakelings met ses ratte in elk. Om ratte te verander is eenvoudig, jy bestuur hom amper soos ‘n kar. ‘n Nat koppelaar en hidrouliese vorentoe- en truskakeling voeg verder by tot die operateursgerief. ‘n Ruim en praktiese kajuit maak hierdie trekker jou eerste keuse vir alledaagse werk op die plaas.

A134

Hierdie is die grootste model in die A-reeks. Daar is ook ‘n kleiner weergawe beskikbaar, die A124, maar die enjins en die ratkaste van die trekkers is eintlik presies dieselfde. Die trekkers het ‘n viersilinder AGCO power enjin en soortegelyke funksies as die A104. Die trekker het auto neutral, ideaal vir hooi- en baalwerk.

Die A134 HiTech-model het ‘n vierspoed powershift ratkas, die ratte verander outomaties soos jy versnel. Hierdie trekker het elektromeganiese vorentoe-en-truskakeling, en ‘n ratkas met ‘n geslote hidrouliese stelsel, waar al die ander trekkers oop hidrouliese stelsels het. Hierdie trekkers is ideaal vir gebruik met presisieplanters of enige ander toepassing waar jy meer olievloei benodig.

BH154

Hierdie is ՚n viersilindertrekker van 115 kW in ՚n sessilinder se dop. Dit is ՚n swaarder trekker, ideaal vir plantwerk. Hierdie trekker het ook ‘n toe hidrouliese stelsel, met ‘n olievloei van 170 liter per minuut met vloeibeheer. Hierdie trekker het dieselfde driespoed powershift soos die vorige T191-reeks modelle. Die kragaftakker en hyser agter is ook dieselfde as die vorige T191-reeks. Die verskil van hierdie trekkers is die sesspoedratkas, en met elke rat het hy ՚n driespoed kragstrek. Byvoorbeeld wanneer jy ploegwerk moet doen, is daar ՚n reeks ratte vir die spesifieke taak, met drie ratte in die reeks wat honderd persent voldoende is om die taak doeltreffend te verrig.

Hierdie is ՚n eenvoudige, ekonomiese, betroubare en goedkoop trekker. Hy is regtig ՚n wenner in hierdie reeks. Die trekker het ook nie baie elektronika nie, wat hom nog redelik eenvoudig maak.

Hierdie sterk trekkers strek tot ՚n BH224. Die grootste het ՚n sessilinderenjin, maar die basiese elemente van al die trekkers is dieselfde.

Die splinternuwe, spoggerige Valtra vyfdegenerasie T235-trekker is ՚n toonbeeld van die heel beste ingenieursvernuf.

“Valtra-trekkers doen enige taak op jou plaas so ekonomies as moontlik. Valtra-trekkers se herverkoopwaarde is van die hoogste in die bedryf, en dit is juis waarom boere jaar na jaar na jaar terugkom om sake met Valtrac te doen,”

sluit Wynn af.

Al Valtrac se mense is boeremense wat die boer se saak verstaan en met hulle legendariese diens sorg dat die boer deurgaans aan die boer kan bly. Skakel Valtrac vandag nog by 056-817-7308, stuur ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting of om jou nuwe Valtra-trekker te bestel.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

La Nina duur voort

Farms of the Future a Blueprint for South African Regenerative Agriculture