in ,

Valtra draf los voor met diens, tegnologie en betroubaarheid

This post is also available in: English

“Die nuwe Valtra is soos my Harley Davidson – selfs op die langste toer bly die sitplek sag,” vertel Gerrit Herbst van Lichtenburg. Hy en sy twee seuns, Barnie en Gerrit, het ՚n uitgebreide saaiboerdery naby Lichtenburg en hulle moes van die middel van Desember af lang toere in die trekkers aflê om na die eerste reën op 7 Desember die lande klaar te bewerk en te beplant.

Twee nuwe  T193 Valtra’s het hierdie seisoen hulle trekkrag plaas toe gebring, maar Valtrac is geen vreemde naam in die boerdery nie. Van 2003 af is daar al Valtra-trekkers en ook suikerboontoerusting, Double Master en Pickett, van Valtrac aan die werk.

Gerrit sê hy het gedink sy ou Valtra BH180 was lig op brandstof, maar die nuwes werk nog suiniger met die diesel. “Hulle is maar 140 kW-trekkers, maar hulle gooi die krag grond toe,” vertel hy. Met die verandering in weerpatrone moet daar sonder sukkel en vinnig gewerk word om die lande betyds gereed te kry. Grondbewerking is die Valtra’s se taak en hulle hardloop kort voor die planters met die skottels, skeurploeë en saadbedmakers.

Gerrit sê toe hy jare gelede op die plaas aangekom het was planttyd rondom 7 Oktober. Dit het later geskuif na 15 en 20 November en nou is hulle na Geloftedag nog steeds besig. Vir die mielies volg hulle ՚n spoorverkeerstelsel met drie skeurploegrye waarin die planter volg en dit gaan sommer baie vinnig.

Hoewel hulle dit nog nie gebruik nie, is die trekkers gereed vir presisieboerdery as hulle wil oorskakel. ՚n Ander groot pluspunt is die natkoppelaarstelsel van die nuwe modelle. Ratwisseling is glad en ekonomies en sou daar ՚n probleem wees, kan dit met net ՚n klein verstelling reggestel word.

Die helder LUD-ligte het ook gehelp dat die dringende werk dag en nag kon voortgaan. “Die trekkers is modern en gerieflik en hulle hou.”

Gerrit sê toe dit tyd geword het vir nuwe trekkers, het hulle alles mooi gaan bekyk om te sien watter trekkers perfek in hulle boerdery sal inpas. Hy sê daar was baie maatskappye en baie goeie aanbiedings op die tafel, maar uiteindelik as dit Valtra se bewese rekord in die boerdery en Valtrac se legendariese dienslewering wat die deurslag gegee het.

“Daardie mense het net ՚n ander benadering. Selfs met ons ou trekkers het hulle ons nooit vergeet nie. Toe ons in piektyd ՚n probleem gehad het, het hulle ՚n ander trekker kom aflaai sodat ons kan voortboer. As dit swaar met ՚n mens gaan, kyk hulle hoe hulle kan help. Met so ՚n maatskappy loop jy ՚n pad.”

Padlangs na die ooste met ՚n boerdery wat tussen Ogies, Kriel en Bethal versprei lê, maak Henk Conradie van Dries Cronjé Boerdery ook al 18 jaar lank op Valtrac se uitstekende dienslewering en masjiene staat. Hulle eerste Valtra-trekkers was ook BH180-modelle wat baie ure diens gedoen het. Die trekkers is oor die laaste paar jaar vernuwe en hierdie seisoen is daar wyd, vinnig en akkuraat geplant met die hulp van drie nuwe Valtra S374-trekkers.

Die Herbst-manne, Barnie, Gerrit en Gerrit (jr) van Lichtenburg het in Valtra T193-trekkers belê om hulle soos blits deur die dag-en-nag-werk van die kort plantseisoen te help.

Henk vertel: “Jy kan maar sê ons en Valtrac het saam gegroei deur die jare. Van ՚n klein boerdery is ons familieonderneming ook uitgebrei tot wat dit vandag is. Ek dink omdat hulle ook ՚n familie-onderneming is, verstaan ons mekaar.”

՚n Stelsel van minimum-strookbewerking word gevolg met net ՚n tand voor die plantereenheid en die trekkers moet nie net kragtig wees nie, maar ook presies. “Ons het die outostuur-tegnologie nodig vir ons presisieboerdery en ons het ՚n jaar lank gewag vir die nuwe S-modelle met die slim armleuningbeheer,” sê Henk.

Hy sê ook terwyl hulle vir die nuwe modelle gewag het om in die land aan te kom, was Valtrac so gaaf om vir hulle trekkers te leen vir die vorige plantseisoen. “Watter ander maatskappy sal dit doen?” vra hy. Met die nuwe trekkers hoef jy geen voetwerk te doen nie; die trekker doen dit vir jou. Henk sê met die moderne beheerstelsel hoef jy letterlik net ՚n knoppie te druk en dan gebeur alles vanself.

“Ons gebruik nog nie eers al diefunksies nie, maar jy kan die trekker instel om op die regte plek op die wenakker die werktuig te lig en weer op die regte plek te laat sak.”

Alles is daarop ingestel om so ekonomies as moontlik te werk, met die minste stremming op die trekker se werkende dele, sodat alles langer kan hou, veral die diesel in die tenk!

Henk Conradie van Ogies klim in die kraakvars kajuit van sy nuwe T234 in.

Henk sê: ”Jy kan op die rekenaar die werktuig en werkspoed kies en dan sal die masjien self uitwerk hoeveel enjinomwentelinge nodig is en watter rat die beste sal wees.”

Die tegnologie is een ding – die trekker is nog mooi en gerieflik ook. Henk sê die kajuit loop op lugkussings, die sitplek pas by jou gewig aan en dit is doodstil binne die kajuit met uitstekende lugversorging. “Dit is lekker in die land in die trekker. Ek het dit so geniet om self te plant, ek wou nie eers uitklim nie,” lag hy.

Benewens die drie grotes, is daar nog ՚n spiksplinternuwe T234, twee Valtra N134’s en ՚n N143 vir algemene plaaswerk en die strooi van stikstof. Strooiwerk word deur nog ՚n spogproduk van Valtrac gedoen, naamlik twee Bogballe-driepuntstrooiers.

Henk-hulle het weggedoen met hulle sleepstrooiers, want die Bogballe wat knus teen die trekker gedra word is meer stabiel en dus ook meer akkuraat met uitmetings. Buitendien is daar dan minder wiele wat kan trap in die land en “ons gebruik minder as ՚n liter diesel per hektaar vir die strooiw erk.” Al die Valtra’s op die plaas is mooi rooi en Henk sê dit het eintlik maar gebeur omdat die eerste trekker rooi was en van toe af het hulle al die trekkers in rooi bestel om by mekaar te pas. Valtra is die enigste trekkermaatskappy wat vir jou ՚n keuse van kleur en selfs patroon gee, so jy kan maar jou rugbydrome ook uitleef as jy wil.

Henk sê: “Daar is nie deesdae iets soos ՚n slegte trekker nie, maar by Valtrac kry jy nie net goeie trekkers met die nuutste tegnologie nie, jy kry ook die beste diens wat daar kan wees.”

Kyk net die onderhoudvrye lugkussings onder die vooras, die hidrouliese koppeling en die hyser voor op die trekker – ՚n Valtra is veelsydig!

Valtra se S-reeks

Die vyf modelle in die S4-reeks is toegerus met sessilinder 8,4-liter AGCO Power-enjins van 199 kW in die S274 tot 272 kW in die vlagskip S374. Maksimum wringkrag is ՚n magtige 1 600 Nm. Die voorste hyser kan 5 ton lig en agter kan 12 ton gelig word. Sluit aan by die Valtrac-familie.

Skakel Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308 of attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

 

Die nuwe Valtra S374 is ՚n toonbeeld van tegnologie van kop tot tone met betrekking tot brandstofverbruik, presisiebeheer en gerief.
Ander trekkers in die kWklas het dikwels dubbelwiele agter,
maar die Valtra trap raak sonder om vas te trap.

Dit is die slim SmartToucharmleuningbeheer waarna Henk Conradie ՚n jaar lank uitgesien het.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agri SA waarsku oor die uitbreek van bek-en-klouseer in die noorde van Limpopo

Stroop die soet smaak van sukses: CLAAS laat spat die wêreldrekords