in ,

Valtra is die sinvolle trekkerkeuse: Hou eienaarskapkoste laag en werkverrigting hoog

This post is also available in: English

Wat kry jy vir jou geld? Dit is wat elke boer wil weet wanneer hy tegnologie aanskaf. ’n Mens kan ’n goedkoop trekker koop, maar die lekkerte van die lae aankoopprys kan ’n durende nagmerrie word as die trekker meer staan as werk en as herstel- en onderhoudskoste die paar rand wat jy aan prys bespaar het begin oorskadu… en as die trekker geen herverkoopwaarde het nie. Daarom kyk die wyse boer na die hele prentjie voordat hy sy aankoop-besluit neem – en daardie prentjie sluit die eienaarskapkoste van die trekker in.

Volgens die slim ouens omvat eie-naarskoste rente, waardevermindering, herstel en onderhoud, arbeid, brandstof, smering en versekering. Sommige aspekte hiervan, soos rente en versekering, is vir alle trekkers dieselfde, maar in opsigte soos tweedehandse waarde, herstel, onderhoud, brandstof en smering, troon sekere trekkers bo ander uit.

Bo en behalwe die slim ouens se lysie, het die boer ook sekere praktiese oorwegings wanneer hy bereken wat ’n trekker hom kos. Hy koop nie ’n trekker om ’n trekker te besit nie, maar om sekere werk gedoen te kry. Daarom wil hy weet of die trekker die werk gaan doen, die wortels vir die dag gaan uithaal om more mark toe te vat, en of hy die vrug op die trekker se verwagte arbeid as gevolg van staantyd gaan verloor, soos plantwerk of spuitwerk wat nie betyds gedoen kon word nie.

Met die Valtra-trekkers wat Valtrac in Suid-Afrika versprei en rugsteun, kan ’n boer verseker weet: die trekker sal getrou en voorbeeldig die werk doen waarvoor hy aangeskaf is en boonop sy waarde jaar na jaar na jaar behou sodat die boer hom later teen ’n gunstige prys van die hand kan sit – dít is hoe lae onderhoudskoste, lae bedryfskoste en lae eienaarskoste moet lyk.

Een van die redes vir die lae be-dryfskoste van ’n Valtra-trekker is die eenvoud van ontwerp, skryf die gerekende Europese landboumega-nisasietydskrif, profi.

Hubert Wilmer bespreek die diens-rekord van ’n Valtra T173 in ’n artikel in dié tydskrif. Die trekker is vir 18 maande voltyds deur ’n kontrakteur gebruik wat 1 300 uur op die klok gesit het met harde werk soos om ’n grootpakbaler, ’n rondebaalbaler en ’n 40-m³ mieliewa te sleep.

Die enigste herstelwerk wat in die tyd nodig was, was ’n bietjie lakvernis wat op ’n plekkie afgedop het en ’n agterliggie se gloeilamp wat vervang moes word. Volgens profi was dit die minste herstelwerk wat hulle nog ooit aan ’n trekker gesien het wat hulle oor ’n langtermyn gemoniteer het.

Aan die onderhoudskant is die enjin en ratkas se olie en filters op 500 en ’n 1 000 uur vervang. Die totale onderhoudskoste per operasionele uur was ’n skamele €1,3 euro.  Arbeidskoste is uitgesluit.

Wat maak Valtra se eienaarskoste so gunstig?

Daar is ’n paar goeie redes waarom Valtra ware waarde vir geld bied. Dit begin by die Agco Power-enjin wat ontwerp is om flinke krag teen ’n lae brand-

stofverbruik te lewer. In die geval van die toetstrekker het die rondebaalbaalwerk ongeveer 10 liter per uur gevra en om die groot mieliewa te sleep was 12 liter per uur nodig, en dit vir ’n 132 kW-trekker! Die trekker het die wa maklik op die oop pad teen 40 km per uur gesleep.

Die HiTech-ratkas het drie strekke, kruipspoed, middelspoed en hoëspoed, met vier ratte in elke strek en drie PowerShifts in elke rat en bied dus ’n keuse van 36/36 ratte. Hierdie is ’n beproefde, betroubare aandrywings-opsie wat die boer die minste moeite, koste en sorge sal besorg.

Ander standaardvoordele van die HiTech-reeks is:

–    Hidrouliese remstelsel vir sleepwaens

–    Laeluierspoed-parkeerrem

–    Verminder enjinomwentelinge van 950 in Neutraal na 650 in Parkeer

–    ControlStop-sensors skakel die trekker outomaties oor in veiligheidsmodus as die ratkas- of enjintempe-ratuur te veel styg. Dit dwing die operateur om ondersoek in te stel.

Hierdie gunstige eienaarskapkoste geld vir al die Valtra-trekkers in die wye reeks. In Suid-Afrika geniet Valtra-boere boonop die voordeel dat Valtrac se mense self met hulle voete stewig op die plaas staan en dus uit ’n boer sowel as uit ’n trekkermaatskappy se oogpunt vir die boer kan help om presies die nommerpas Valtra vir sy doel te kies – en daarmee die eienaarskaps-koste nog laer te dwing.

Valtrac se legendariese diens aan boere regoor die land beperk staantyd tot die absolute minimum, wat beteken dat eienaarskap van ’n Valtra altyd lonend vir die boer sal wees, soos talle tevrede Valtra-boere in die land reeds getuig.

Vir meer inligting oor Valtrac en Valtra-trekkers, praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006 of e-pos attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting of om die volledige profi-artikel te lees.

Die enjin van die Valtra T173 wat vir die profi -artikel te lees. profi -toets gebruik is. Foto: Stefan Tovornik
Die enjin van die Valtra T173 wat vir die profi -toets gebruik is. Foto: Stefan Tovornik

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Scania se V8-krag draf lag-lag met elke vrag

Maak kluite krummels met Southtrade se CultiRateau