in ,

Valtra BH 194 Hoë-tegnologie – bekend, betroubaar, bekostigbaar: Die boer se trekkerdroom word waar!

՚n Belangrike dryfveer vir groei in die landboubedryf van Afrika is plaasmeganisasie. Om steeds die heel voorste tegnologie aan boere te verskaf, het Valtra onlangs hulle splinternuwe BH Generasie 4 – BH4 Hi-tech-trekker bekendgestel.

Die BH 194 is gereed vir satellietbeheer met outostuur en kan toegerus word met ՚n GPS-ontvanger van jou keuse vir presisiewerk.

Hierdie trekker is deur boere verwelkom as ՚n werkesel wat moeilik is om te klop, aangesien dit maksimum uitset lewer sonder om eenvoud en betroubaarheid op te offer. Jy kan nou met ՚n bekostigbare swaardienstrekker werk wat al die gevorderde dinge kan doen wat die moderne boer nodig het.

Gebou in Brasilië – ideaal vir harde werk in Afrika

Valtra-trekkers vanuit Brasilië werk al sedert 2001 fluks in Suid-Afrika. Die vorige geslag BM- en BH-trekkers was welbekend vir hulle eenvoud en lang lewe. Die BH 180 se prestasie was ongeëwenaard, en die BM 110’s loop steeds lag-lag en sonder groot herstelwerk met meer as 30 000 uur agter die rug.

Hierdie vierdegenerasietrekker neem die beste kenmerke van sy voorgangers en voeg daarby die gebruikersvriendelike kenmerke wat nodig is vir presisieboerdery en moderne werktuie.

Onverbeterlike enjin

Die nuwe Valtra BH 194 Hi-tech-trekker word aangedryf deur die onverbeterlike 6,6-liter, sessilinder AGCO Power-enjin, bekend vir sy lae brandstofverbruik en betroubaarheid. Die onderdele van die AGCO Power-enjin is dieselfde as dié wat gebruik word in die welbekende Valtra-trekkers wat in Finland vervaardig word.

Die tussenverkoeler is bo die verkoeler sodat die lug van bo af deur die verkoeler vloei en dan agter deur die waaier gaan. Die enjinkompartement onder die verkoeler is geseël om te verseker dat alle lug van bo af inkom sodat stof en grassade nie die verkoeler verstop nie.

Meer werkverrigting met minder diesel

Die trekker het ՚n sesspoedratkas met ՚n driespoed-kragwisselaar wat beteken dat die trekker 18 vorentoe- en 18 truratte het, met ՚n gerieflike hefboompie vir vorentoe-en-truskakeling byderhand langs die stuurwiel.

Die drie kragwisselings in elke rat kan geprogrammeer word om outomaties oor te skakel vir gladde werking en om deurgaans die mees geskikte omwentelings en spoed te handhaaf sodat elke druppel diesel ten beste benut word.

Hidroulika wat enige taak baasraak

Die koms van nuwe werktuie en die behoefte aan satellietbeheer en presisieboerdery, vereis hidrouliese stelsels met hoër lewering. Die trekkerreeks is vervaardig met die Brasiliaanse suikerrietbedryf in gedagte, waar die olievloei en die eksterne volume belangrik is om die suikerriet uit die wipwaens te laai.

Die HiFlow II geslote hidrouliese stelsel lewer 170 liter per minuut vanaf ՚n aparte olietenk, waardeur enige moontlike besmetting van die ratkasolie voorkom word.

Die trekker is toegerus met drie hidrouliese kleppe en ՚n terugkeerklep. Daar is vloeibeheer op al drie kleppe.

Die gesig van krag, betroubaarheid, vernuwing, veelsydigheid en bekostigbaarheid — die Valtra BH 194 Hi-Tech trekker.

Swaardienshyser

Die BH 4 se elektronies beheerde swaardienshys lig lag-lag 7 850 kg op, wat hierdie trekker perfek maak vir swaarder werktuie. Swaar konstruksie en ՚n gunstige gewigverspreiding maak die trekker perfek vir die vervoer van swaar vragte.

Kajuit gebou vir gemak en beheer

Al die kontroles in die kajuit is strategies en logies geplaas — wat dit eenvoudig en prakties maak om te verstaan en te gebruik. Die gemaklike, luggeveerde sitplek en klimaatbeheer in die kajuit stel die bestuurder in staat om lang ure te werk sonder om moeg te word.

Die trekker het die perfekte gewigsbalans om swaar vragte met gemak te hanteer. Die vorm van die gewigrame stel die trekker in staat om korter te krink en ratser te werk.

Waarborg

Alle Valtra-trekkers word vir een jaar gewaarborg, sonder enige beperking op ure gewerk. Daarbenewens het alle versienings wat by een van die handelaars met oorspronklike onderdele gedoen word, ՚n eenjaarwaarborg, ongeag die jaar waarin jou trekker vervaardig is. Die BH4-reeks trekkers het 500 uur diensintervalle vir laer bedryfskoste.

Valtrac is bekend vir legendariese diens, gegrond op hulle oortuiging dat ՚n trekker net nut vir die boer het solank dit die werk doen waarvoor dit aangekoop was. By Valtrac is manktyd ՚n uiters ongewenste woord, en alles moontlik word gedoen om gebruik van die woord uit te skakel.

Wynn Dedwith, direkteur van Valtrac, sê: “Die Valtrac-span is weereens opgewonde om ‘n betroubare trekker met genoeg tegnologie aan te bied om in die behoeftes van Suid-Afrika en Afrika se boere te voorsien.”

Is jy op soek na ՚n betroubare trekkervennoot vir jou plaas? Soek nie verder as Valtra van Valtrac nie. Praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-7308, of stuur ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Agrico-spilpunt dien steeds getrou na 20 jaar

Valley put nut uit elke druppel watervaardigheid