in ,

Valley put nut uit elke druppel watervaardigheid

Janco Joubert van Orma Boerdery se wenfoto in die Wys my jou Valley-fotokompetisie.

Die wondermiddel wat alle groei moontlik maak is water. Dit weet ons almal. Ongelukkig is reën wisselvallig, daarom moet boere ander planne maak om hulle gewasse water te gee. Daar is verskeie maniere waarop dit gedoen kan word, maar die doeltreffendste, betroubaarste, lonend­ste manier met die beste resultate en die minste sukkel is ՚n Valley-spilpunt.

Janco Joubert is ՚n wakker jong boer van Orma Boerdery op die familieplaas in die Thabazimbi omgewing. Orma Boerdery bestaan nou al vir 23 jaar. Die boerdery produseer drie soorte graan en tien soorte groente, maar het ook ՚n gedeelte met weiding vir beeste. Hulle is veral bekend vir hulle groente van uitmuntende gehalte en hulle suikersoet waatlemoene. Asof dit nie genoeg is nie, het die boerdery onlangs voelers begin uitsteek na die wildbedryf.

Die Thabazimbi-omgewing waar die boerdery geleë is kan as droog beskou word en hulle is van die Krokodilrivier afhanklik vir besproeiing. Water is kos­baar en gewasse kan nie bekostig om selfs vir ՚n kort tydjie daarsonder te bly nie. Daarom vertrou Orma Boerdery Valley se spilpunte om al hulle gewasse te besproei. Geen kanse word gewaag nie en net die beste is goed genoeg.

Orma Boerdery se paadjie met Valley het begin toe hulle groot oppervlak­tes ekonomies wou besproei. Valley se uitstekende naverkoopdiens en die manier waarop hulle na hulle boere omsien, het Janco beïndruk. “Valley het diep spore in ons boerdery kom trap, omdat dit opbrengste verhoog het, besproeiing meer ekonomies gemaak het, minder krag gebruik en minder arbeid benodig. ՚n Valley-spilpunt maak vinniger ՚n groter oppervlakte nat en jy hoef hom nie konstant op te pas nie,” verklaar Janco.

Wat kan vir ՚n boer mooier wees as ՚n asemrowende sonsak oor ՚n land vol gesonde uie onder Valley-besproeiing? (Foto deur Janco Joubert)

Die eerste Valley-spilpunt wat Orma Boerdery in 2005 aangeskaf het, was ՚n skuifbare model wat op twee verskil­lende sirkels gebruik kan word. Vandag is daar vier spilpunte op die plaas.

 “My mening is dat Valley se struk­tuur ver bo die res uitstaan,” sê Janco. “Dit is ՚n sterk struktuur met sterk onderdele en dit bly maar net ՚n mooi spilpunt.”

Valley-spilpunte bring baie voordele vir Janco se boerdery omdat dit die ge­wasse vinniger en meer egalig besproei sonder om rye gewasse te versuip of droë kolle te laat.

Janco beheer nog hulle spilpunte met die hand, maar beoog om binnekort na selfoonbeheer oor te skakel. “Wat ek van die selfoonbeheer gesien het, maak ՚n astronomiese verskil en dit is verstommend om te sien wat alles van­dag met tegnologie gedoen kan word. Jy kan enige plek in die wêreld wees en steeds jou spilpunte op die plaas be­heer.” Hy glo dat Valley op die toekoms van die landbousektor gefokus is sodat die beheer en werking van die masjiene net by die dag makliker word.

Janco se Valley-spilpunte sorg mooi vir hom, daarom sorg hy ook mooi vir hulle, al verg hulle die minimum aand­ag. Na elke seisoen gaan hy sy spil­punte deeglik na vir enige probleme, waarvan daar nogal min is. Indien on­derhoud nodig word, word dit eenvoudig en maklik hanteer. “Ek glo enigiets is so goed soos jy dit oppas,” sê Janco.

Geoeste uie op Orma boerdery se land.(Foto deur Janco Joubert)

Valley se onlangse kompetisie, “Wys my jou Valley”, het boere die geleent­heid gegee om hulle skeppende watervaardigheid te wys met foto’s van hulle spilpunte. Janco het een van sy spilpuntfoto’s op Facebook gelaai. Valley het op sy foto kommentaar gelewer en hom aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf. Vir ՚n week lank het hy gehuiwer, maar uiteindelik het hy die kans gewaag. Kort daarna is Janco se eerste spilpuntfoto as die wenner aangekondig. “Ek dink dit is ՚n wonderlike inisiatief van Valley se kant om ՚n bietjie iets uniek aan te bied vir fotograwe, boere en wie ook al nog belangstel,” voeg hy by.

Vir Janco is boerdery iets waarmee hy gebore is en ՚n leefstyl. “Daar’s definitief meer as ՚n handjievol dinge wat my aanspoor as jong boer: My vingers in die grond en die reuk van vars omgedolwe grond, skoon lug, die gebrul van trekkers, die stof van stropers, Valley-spilpunte oor die groen gewasse, en natuurlik onvergeetlike sonopkomste oor die berge en sonsondergange oor die horison,” verduidelik Janco. Hy weet dat omstandighede taaier en moeiliker word, maar hy daag ander jong boere uit om, soos hy, die uitdagings aan die horings beet te pak … en met Valley kan jy net wen.

Valley bied uitstekende diens aan boere oral in die land. Om meer uit te vind, kontak Francois Grie­sel by francois.griesel@valmont.com of 067-412-9089.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Valtra BH 194 Hoë-tegnologie – bekend, betroubaar, bekostigbaar: Die boer se trekkerdroom word waar!

Boere dankbaar vir boorgate in Steytlerville