in ,

Valley bly op die kruin van spilpuntbesproeiing: Beheer jou spilpunt in die gemak van jou sitkamer met ՚n selfoon of tablet

Die skittereienskap wat Valley van gewone spilpunte onderskei, is dat ՚n Valley hou en hou en hou, en aanhou werk en werk en werk – jaar na jaar na jaar, dekade na dekade na dekade, en selfs geslag na geslag na geslag.

Maar hoe nou gemaak as Valley nuwe, nuttige beheertegnologie ontwikkel wat nog nie bestaan het destyds toe jy jou Valley-spilpunt gekoop het nie?

Goeie nuus!

Boere kan Valley se nuutste tegnologie gebruik om hulle spilpunte op te gradeer, ongeag hoe oud die spilpunte is. En as ՚n Valley-spilpunt na al die jare nie meer perfek werk nie, is Valley se mense soos blits by om hom weer splinternuut te maak.

Tommy Ferreira van Tomfer Boerdery, naby Vetpan, 30 kilometer buite Koster in die Noordwes-provinsie, se spilpunte is in die 1980s opgerig. Valley het hierdie 40 jaar oue spilpunte tot nuut opgegradeer en herstel.

Tommy het in 2018 ‘n deeltydse beesboerdery begin. Hy het beeste aangekoop en weiveld gehuur. ‘n Jaar later het ՚n plaas wat aan sy vereistes voldoen in die mark gekom en hy het die geleentheid met albei hande aangegryp.

Tommy het besef hoe belangrik besproeiing is, want boerdery op droë grond is ‘n waagstuk met talle omgewingshindernisse wat eenvoudig buite boere se beheer is. Hy besluit toe om die plaas se stokou bestaande spilpunte te restoureer. Dit is waar sy pad met Valley begin het.

Tommy Ferreira en Cobus Vermaak is trots op die nuutgemaakte Valley-spilpunt wat sy mielieland besproei. Kyk net hoe tevrede is die mielies!

Die twee bestaande Valley-spilpunte op die plaas besproei altesaam 70 hektaar; een 30 hektaar en die ander een 40 hektaar. Op sy plaas van 500 hektaar het hy 30 hektaar droëland en 300 hektaar weiveld vir sy beeste.

Tommy het sy plaaslike Valley-tak geskakel en hulle kon hom dieselfde dag bystaan. Aangesien Valley toegerus is om enige produkkwessies te hanteer, is sy spilpuntprobleme vinnig opgelos.

Die oudit het lekkasies in sy waterdamme gevind, asook die behoefte om pompe en ratkaste te vervang. As gevolg hiervan lyk en werk die spilpunte soos nuut.

Met Valley 365®, die maatskappy se nuutste tegnologie, kan Tommy nou die
spilpunte van enige plek waar hy ook al is beheer terwyl hy met sy gewone werksdag voortgaan.

Valley 365®

Hierdie nuttige en tydbesparende beheerstelsel se naam is die Valley 365®.
Die toepassing werk op alle slimtoestelle, insluitend slimfone en tablette.

“Ek kan in Zambië of enige ander plek in die wêreld wees en nog steeds beheer hê oor my spilpunte,”

verklaar Tommy.

Nadat Valley die spilpunte nuut gemaak het, het Cobus Vermaak, streekverkoopsbestuurder van Noord-Wes, Mpumalanga en Limpopo, saam met sy tegniese span die nuwe beheerstelsel binne twee dae geïnstalleer.

“Cobus het die sagteware kom demonstreer en my presies gewys hoe om die toepassing te gebruik,”

sê Tommy.
Cobus Vermaak van Valley en Tommy Ferreira van Tomfer Boerdery gebruik die Valley 365®-toepassing om die spilpunte in die mielielande te beheer, maar hulle kon dit van enige plek in die wêreld af gedoen het.

Hy hou van die stelsel se unieke kenmerke, soos die beheer van waar sy spilpunte begin en eindig,: “Ek stop my spilpunt op my dienspad sodat ek met gemak by die ratkaste kan uitkom vir onderhoud.”

Die toepassing wys boere presies waar die spilpunt in die land is. Die toepassing werk op enige toestel solank dit ՚n sterk genoeg sein het. ‘n Oorsig van die boer se watergebruik word ook saam met grafieke en statistieke getoon.

“Valley voorsien deur sy toepassing meer as genoeg inligting aan sy kliënte oor hulle spilpunte,”

sê Tommy.

Maar vir Tommy bly die grootste voordeel dat hy sy spilpunte oor ՚n afstand kan beheer. Hy kan op die toepassing sien hoe die spilpunt beweeg, wat hom in staat stel om meer tyd aan ander verpligtinge te bestee.

Die Valley 365®-platform stel boere in staat om besproeiingskedules voor die tyd te beplan. Valley-agente verduidelik die stelsel deeglik aan boere en is altyd beskikbaar om vrae te beantwoord.

Die toepassing kan 24 uur per dag, 365 dae per jaar, gebruik word om spilpunte te moniteer. Valley sal jou in kennis stel van enige probleme met jou spilpunte deur ՚n WhatsApp, teksboodskap of e-pos aan jou te stuur. Valley het altyd ‘n span kundiges gereed om die boer met enige spilpuntsake te help. Valley-agente los sommige sake sommer woerts-warts deur die toepassing op.

Vir meer inligting, kontak Francois Griesel by +27(0)10-350-0055, of e-pos francois. griesel@valmont.com

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Scania se diensomwenteling bied kliënte ‘n winsoplossing

Bek-en-klou-situasie