Water is die spil waarom elke boerdery draai en waterbesparing speel ՚n groot rol op elke plaas. Daarom verwelkom boere Valley se skeduleringstelsel vir spilpunte. Dit help jou om seker te maak dat jy nie te min of te veel water vir jou gewasse gee nie, want die een is so nadelig soos die ander. En wat dit nog beter maak, is dat dit tyd en geld bespaar.
“Valley se skeduleringstelsel beveel aan waar, wanneer en hoeveel water toegedien moet word, gegrond op data wat ingesamel word. Hulle gee ook ՚n sinvolle, maklik-verstaanbare ontleding waarvolgens die boer sy waterplanne kan maak,” sê David Muller van Uitdraai Boerdery naby Prieska.
David boer met mielies, koring, lusern, uie, pekanneute en pistachioneute. Die meeste van hierdie gewasse is onder Valley-spilpunte.

Uitdraai Boerdery is een van drie plase in Suid-Afrika wat die Valley-skedulering™ vir Valley uittoets om seker te maak dat die stelsel perfek werk. Skedulering dra by tot presisietegnologie, want dit sorg dat ՚n plant presies die regte hoeveelheid water kry.
Dit werk só: Die boer se inligting, velddata en voorkeure word ingesleutel in die skeduleringsprogram. Die sagteware stel die data saam, verwerk dit en wys dan vir die boer wanneer en hoeveel water hy moet toedien om sy gewasse ten beste te laat presteer. Die boer kan kies hoe hy die data wil sien, byvoorbeeld deur ՚n kaart. Die sagteware gee dan vir die boer maklike verstaanbare en uitvoerbare aanbevelings oor sy grond en gewastipe.
David gebruik sy slimfoon en rekenaar om die skeduleringstelsel dop te hou. Hy noem wat uitstaan van die stelsel: “Ek hou van die gesofistikeerdheid van die algoritme; dit is baie gebruikersvriendelik en gee ook ՚n terugblik op historiese gebeurtenisse. Verder maak Valley gebruik van weerstasies wat die weerdata dus uiters akkuraat maak, soos gaan die wind waai of nie en wat die temperatuur van die dag is.”

Voordele van Valley se skeduleringstelsel:
- Maklik vir die boer om te gebruik
- Verbind met Valley se 365-stelsel wat jou besproeiingsdata vanself intrek
- Bespaar tyd
- Verhoog opbrengs en winsgewendheid
- Verbeter gewasgesondheid en verminder siektes
- Die stelsel is maklik verkrybaar via die slimfoon, tablet of rekenaar
- Dit maak die boer nog slimmer
- Plaas minder druk op hulpbronne deur net die regte hoeveelheid water toe te dien
- Help die boer om akkurater besluite te neem
- Moniteer moontlike gewasspanning as gevolg van te veel of te min water
- Gebruik ՚n weerstasie om die weer te moniteer
Valley het bied uitstekende diens aan boere oral in die land. Om meer uit te vind en hulle skeduleringstelsel aan te skaf, kontak Francois Griesel by francois.griesel@valmont.com of 067-412-9089.