in ,

UD Trucks gee om vir die gemeenskap

This post is also available in: English

Die UD in UD Trucks staan nie verniet vir Ultimate Dependability nie – dit is uiters betroubare vragmotors waarop boere kan staatmaak. Die maatskappy belê geld en kundigheid in die ontwikkeling van vragmotors wat meer doeltreffend is, meer ekonomies met brandstof werk en die omgewing minder benadeel. UD Trucks gee ook om vir die gemeenskap en wil graag ’n verskil maak. UD Trucks Suidelike Afrika en UD Trucks Vryheid het saamgewerk om een van hulle vragmotors aan die klein landbougemeenskap in Kwazulu-Natal, Vryheid, wat tans ’n groot waterkrisis ervaar, te skenk.

Water is die een ding wat elke mens en dier op aarde nodig het vir oorlewing. Ongelukkig het die gemeenskap van Vryheid nie toegang tot daardie bron nie.

“Daar is ’n groot skaarste aan water in Vryheid,” sê Laureen Stock, handelsmerkbestuurder van UD Trucks. “Die grootste probleem was die vervoer van water, daarom het ons die UD-trok, Amanzi, beskikbaar gestel vir die droogteverligtingsprojek in Vryheid vir min of meer 50 000 inwoners.”

Die UD Amanzi-vragmotor is ’n Quon CW26 370 met ’n 16 000 liter tenk en suigpomp.

“Die water kom vanaf die watersuiweringsaanleg in Hlobane, 23 km van Vryheid af. Wanneer Hlobane leeg is, gaan ons oor na Piet Retief toe. Hlobane lê nou op 49%,” sê Tracy Taljard, lid van die plaaslike Waterraad en verantwoordelik vir die bestuur van die vragmotor.

Hulle laai nege tenks by verskillende punte af, waar talle mense reg staan met hulle houers om water te tap. “Dit is by Bhekizulu, Lakeside, die hospitaal en drie kerke. Ons laai nie by private plekke af nie,” voeg Tracy by.

Die water word vyf keer per week, twee keer op ’n dag afgelaai. “Ons plaas net gesuiwerde, drinkbare water in die tenk.

“Ons het ’n kwart van die reën gekry wat ons gewoonlik kry. Ons damme is Klipfontein (19%), Bloemveld (8%) en ’n boorgat wat al vir 50 jaar gebruik word wat opgedroog het. As die dam minder as 25% water het kan daar nie water uitgepomp word nie.”

Ons het een dam wat 87% vol is en ’n ekstra dam is vir noodgevalle, die Grootgewachtdam,” sê sy. Hulle wil nie graag Grootgewachtdam se water te gebruik nie, want veldbrande kan moontlik ’n probleem word.

Volgens Tracy is die belangrike deel van die storie op die ou einde om water te bespaar.

“Die vragmotor word vir die Vryheid-handelaar geskenk; hulle gee dan self die brandstof en die bestuurder vir die vragmotor. UD Trucks Vryheid sorg ook vir die instandhouding van die vragmotor.

Die vragmotor is van Januarie af besig om water in Vryheid af te laai,” sê Laureen Stock van UD Trucks.

UD Trucks skenk nie net ’n vragmotor vir Vryheid nie, maar help verder gemeenskapsprojekte soos Shoprite se mobiele sopkombuisprojek en die renosterambulans.

“Shoprite gebruik ses van ons vragmotors vir die sopkombuise waardeur 27-miljoen etes al versprei is,” sê Laureen. Die sopkombuise verskaf sop en brood aan mense regoor die land en gaan ook na tehuise vir bejaardes en skole.

Verder is een van hulle, ’n UD40, geskenk vir ’n renosterprojek. Die vragmotor was die laaste van UD se UD41-reeks mediumvragmotors en was daarom ook as legende bekend. “Ons wou iets gedenkwaardig met ons laaste vragmotor in die reeks doen,” sê Laureen.

Die vragmotor is aan die Legends Rhino-weeshuis in Limpopo geskenk. Hierdie nie-winsgewende organisasie gebruik die vragmotor as ’n diere-ambulans om diere na die versorgings-oord te vervoer, veral die babas van renosters wat vir hulle horings doodgemaak is.

Skakel UD Trucks se hoofkantoor by 012-564-9500 vir meer inligting oor hierdie betroubare vragmotors en om uit te vind waar jou naaste handelaar is.

Die UD Amanzi-vragmotor wat die water na kerke in Vryheid neem help duisende mense.
Die UD Amanzi-vragmotor wat die water na kerke in Vryheid neem help duisende mense.
Laureen Stock, Rubin Dempers, Hannerie Sanders en Johan Pretorius van UD Trucks by die Amanzi-vragmotor wat water aan die gemeenskap van Vryheid afl ewer.
Laureen Stock, Rubin Dempers, Hannerie Sanders en Johan Pretorius van UD Trucks by die Amanzi-vragmotor wat water aan die gemeenskap van Vryheid aflewer.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nou nóg beter: Senter 360 kry nuwe wiele, sprinkelaars en beheerkaste

Hino: Altyd daar om boere te help