in

Trekkerverkope verhoog met 7% in 2018

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 612 eenhede in September is aansienlik (7%) meer as die 571 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver (vir die eerste nege maande van die jaar) steeds byna 7% meer as vir dieselfde vorige tydperk. Stroperverkope van elf eenhede in September is sewe eenhede meer as die vier eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope op die oomblik net 3% laer as verlede jaar.

Met die someroes wat nou grootliks afgehandel is en ʼn geringe toename in die mielieprys, kyk boere na die komende somergewasseisoen. Hulle sal steeds die volgehoue probleme soos hoë insetkoste, beskikbaarheid van finansiering en politieke onsekerheid moet oorbrug. Die lewendige verkope van toerusting in September toon nietemin dat boere wat beplan het om toerusting te koop, besluite vervroeg het om die voordele van die voorraad wat op die oomblik in die land beskikbaar is teen laer pryse te benut.

Ramings in die bedryf vir die 2018-kalenderjaar bly teen ʼn vlak van tussen 6 750 tot 7 000 eenhede, of tussen 5 en 10% hoër as verkope in 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

duster

NUWE RENAULT DUSTER: BETER, MOOIER EN TAWWER

VW Polo

NUWE VW POLO GTI 2.0 TSI: Terug na die dae van my jeug