in

Trekkerverkope hoёr in 2018

tractors

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 501 eenhede in Mei is marginaal (vier eenhede) meer as die 497 eenhede wat verlede Mei verkoop is. Vir die jaar tot dusver (die eerste vyf maande) is verkope ongeveer 11% meer as vir die ooreenstemmende vorige tydperk. Stroperverkope van 16 eenhede in Mei is agt eenhede minder as die 24 eenhede wat verlede Mei verkoop is. Stroperverkope vir die jaar tot dusver is ongeveer 11% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Die volgehoue hoë vlak van trekkerverkope dui daarop dat sentiment in die mark goed bly. Pryse vir toerusting het redelik stabiel gebly oor die afgelope paar maande, ten spyte van die wisselvallige waarde van die rand. Dié faktore dra by tot ‘n volgehoue kopersmark. Die mielie-oes het nou volstoom begin, maar die seisoen is effens later as gewoonlik.

Met die hoër vlakke van trekkerverkope oor die afgelope maande is ramings in die bedryf dat verkope vir die jaar tussen 6 500 en 6 750 eenhede sal wees, marginaal meer as verkope in 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

wol

Die wolmark styg steeds

geld

Die NUWE Nasionale Minimumloontarief