in

Trekkerverkope daal vir November

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 428 eenhede in November is heelwat (27%) minder as die 589 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver (die eerste elf maande van die jaar) is trekkerverkope nou net 4% meer as verkope vir die ooreenstemmende vorige tydperk.

Stroperverkope van nege eenhede in November is twee eenhede minder as die elf eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope net 1% meer as vir die ooreenstemmende vorige tydperk.

Hoewel die Oesskattingskomitee raam dat die aanplant van die twee belangrikste somergewasse, mielies en sojabone, waarskynlik aansienlik hoër gaan wees as vir die vorige jaar, was daar in baie dele van die land, veral in die westelike dele, nie genoeg reën vir boere om aan te plant nie. Die meeste kommentators in die bedryf voel dat die huidige vlak van trekkerverkope ‘n beter aanduiding van omstandighede in die bedryf is. Tot en met November was verkope redelik lewendig, aangehelp deur ‘n mededingende mark en voorraad teen goeie pryse.

Baie boere het die geleentheid benut om vroeër aan te koop. Die realiteit is dat finansiering moeilik is, insetkoste hoog is en dat daar ‘n mate van politieke onsekerheid is. Ten spyte daarvan dui ramings in die bedryf daarop dat verkope vir die 2018-kalenderjaar ongeveer 5% hoër sal wees as verkope in 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kenners verkies Bonnox

red meat

Sjina is die wêreld se grootste skaapvleisprodusent