in

Trekkerverkope daal met 17% in 2019

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 432 eenhede in April is 6% minder as die 459 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver, is verkope vir die eerste vier maande van 2019 aansienlik (byna 17%) minder as verlede jaar. Vir die opeenvolgende 12 maande is trekkerverkope nou 6% minder as verkope verlede jaar.

Stroperverkope van 23 eenhede in April, is ses eenhede minder as die 29 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver is verkope aansienlik (23%) minder as verlede jaar. Vir die opeenvolgende 12 maande is stroperverkope nou 6% minder as verlede jaar.

Hoewel sentiment in die mark positief is en die meeste maatskappye goeie navrae ontvang vir toerusting, beïnvloed ʼn kombinasie van verskeie faktore die werklike verkope van toerusting. Onsekerhede in die mark handel oor oesvooruitsigte, veral vir gewasse wat laat aangeplant is, die resultate van die verkiesing en die vooruitsigte van die rand. Die komende NAMPO-oesdae behoort ʼn goeie aanduiding te bied oor sentiment in die mark en die moontlike rigting van verkope vir die res van die jaar.

Met verloop van die 2019-kalenderjaar, is die jongste aanduidings dat verkope tussen 10 en 15% laer sal wees as die 6 700 eenhede wat verlede jaar verkoop is.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

NAMPO 2019 is gereed vir landboutoekoms

BMW 3 series

NUWE BMW 3-REEKS