in

Trekkerverkope daal en stroperverkope styg

stropers

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 414 eenhede in Junie is aansienlik (11%) meer as die 373 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou 6% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende tydperk.  

Stroperverkope van 17 eenhede in Junie is drie eenhede minder as die 20 eenhede wat verlede Junie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou 5% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Marktoestande stem baie ooreen met die toestande verlede maand. Boere koop bestaande voorraad teen huidige prysvlakke, voor die onafwendbare prysverhogings wat sal intree weens die swakker waarde van die rand.   Daar word ook op die oomblik goeie oeste ingebring.  

Algehele sentiment in die mark bly positief. Verkope sal waarskynlik oor die korttermyn goed bly, terwyl voorraad teen laer pryse opgekoop word.   Huidige sentiment in die mark is steeds dat trekkerverkope in 2020 waarskynlik tot 10% laer kan wees as verkope verlede jaar.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

NAMPO Kaap 2020 gekanselleer

Nóg ‘n plaasaanval op bejaarde boer langs Lesotho-grens