in

Trekkerverkope daal

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 388 eenhede is aansienlik (29%) minder as die 546 eenhede wat verlede Januarie verkoop is. Vir die twaalf opeenvolgende maande is trekkerverkope marginaal (0,4%) laer as vir die vorige ooreenstemmende tydperk.

Stroperverkope van vier eenhede in Januarie is ook aansienlik minder as die agt eenhede wat verlede Januarie verkoop is. Vir die opeenvolgende 12 maande is stroperverkope steeds byna 6% meer as vir die vorige jaar.

Die teleurstellende verkope in Januarie weerspieël waarskynlik ʼn mate van negatiwiteit binne huidige sentiment in die mark. Sekere somergewasgebiede, veral in die westelike dele, het nie reën gehad nie en waar reën wel geval het, was dit baie laat. Dit het dit onmoontlik gemaak vir sekere boere om aan te plant, of dit het boere genoodsaak om gewasse te wissel na gewasse met ʼn korter seisoen soos sonnneblom of graansorghum.

Verlede maand is gesê dat dit nog te vroeg is om ramings te maak vir die 2019-kalenderjaar.   Voorlopige ramings van mielie-aanplanting by die Oesskattingskomitee dui daarop dat minder mielies aangeplant word, maar nie soveel minder as wat sekere kommentators gedink het nie. Die mielie-oes sal die bepalende faktor wees vir verkope van toerusting gedurende die eerste helfte van die 2019-kalenderjaar.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Eerste balerwedstryd: Bieliebalers wys hulle staal

Uitstalbedryf bekroon ‘Livestock’ en ‘Die Groot Plaasproe’