in

Trekkerverkope styg met 13%

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 459 eenhede in April is weer aansienlik (15%) hoër as die 398 eenhede wat verlede April verkoop is. Vir die jaar tot dusver, die eerste vier maande van die jaar, is verkope ongeveer 13% hoër as vir die vorige ooreenstemmende tydperk.   

Stroperverkope van 29 eenhede in April is een eenheid minder as die 30 eenhede wat verlede April verkoop is, maar verkope vir die jaar tot dusver is steeds ongeveer 5% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Die volgehoue goeie trekkerverkope dui daarop dat sentiment in die mark steeds goed is. Die baie onlangse verswakte waarde van die rand het beteken dat sekere kopers besluite oor aankope vervroeg het. Hoewel die meeste trekkerverkope tradisioneel verband hou met die jaarlikse graangewasgebiede, is dit waarskynlik dat huidige verkope in die rigting van meerjarige tuinbouplante sal beweeg, aangesien daardie boere nou beter pryse kan realiseer vir hulle uitvoere.

Weens dié onlangse toename in trekkerverkope is ramings in die bedryf hoër aangepas tot ‘n vlak van tot 6 700 eenhede of ongeveer 5% meer as verkope in 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

NAMPO-KOMPETISIE