in

Trekker en stroperverkope styg in 2020

This post is also available in: English

Trekkerverkope van 593 eenhede in November is aansienlik (39%) meer as die 427 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 8% meer as vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.  

In November is vier stropers verkoop, een meer as die drie eenhede wat verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 26% meer as vir die ooreenstemmende vorige tydperk.

Dié volgehoue tendens in hoër verkope weerspieël die positiewe sentiment in die mark.  Dit is ook duidelik volgens die Agribusiness Confidence Index (landbouvertroue-indeks), wat op sy hoogste vlak is in meer as ses jaar.   Goeie oeste is ingebring in die meeste van die somer- en wintergewasgebiede.  

Die weervooruitsigte vir die komende somerreënvalgebiede lyk ook bemoedigend.  Algehele ramings vir die 2020-kalenderjaar lyk beslis nou beter, met verkope wat waarskynlik byna 10% meer kan wees as in 2019.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Beskerm jou oes 3: Kies tussen sleep, dra en selfloop

Saai verwelkom die oordrag van staatsplase aan familieboere