in

Topboer in aksie by skaapboeredag

Frans en sy vrou, Reinette Wiid.

This post is also available in: English

Die 2017 Nasionale Skaapboer van die Jaar, Frans Wiid, sal optree by ‘n Skaapdag wat op 10 Mei 2018 op sy plaas, Aan-die-Lande, Hopetown aangebied word.

Hy sal verskeie bestuursaspekte van skaapboerdery soos veldbestuur, die gebruik van besproeide weidings, teeldoelwitte, seleksiemaatstawwe, bestuur tydens lam-en paartyd en die beheer van skadelike diere bespreek. Bemarking en mannekragbestuur sal ook toegelig word.

Frans boer met kommersiële dohne-merino-en dorperteelooie in ’n goed gediversifiseerde boerdery. Die dohne-merino lammerooie word op meerjarige besproeide weidings aangehou, wat uit ’n beproefde mengsel van langswenk-, kropaar- en raaigras, asook klawer bestaan.

Die winsgewendheid van sy skape op besproeide weidings op lande met ‘n 20cm keerlaag, klop dié van kontantgewasse oor die langtermyn. Groot belangstelling heers tans in intensiewe skaapboerdery en hier is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n laekoste intensiewe stelsel.

Hy beskou die beheer van skadelike diere as die grootste uitdaging in sy  skaapboerdery. Hy slaag daarin om veeverliese tot die minimum te beperk met omvangryke beheermetodes. Een van die doelwitte van die Nasionale Skaapboer van die Jaar kompetisie is om bestuurspraktyke van suksesvolle skaapboere prakties aan medeboere bekend te stel op ‘n boeredag.

Vir meer inligting en besprekings, kontak Leon van Dijkhorst: 072-910-4040 of leonvd@vodamail.co.za of kontak Eugene Nel by 072-018-0191 of eugened.nel@vodamail.co.za

Bron: RPO

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Tyd om met innovering te spog

Agbiz se voorsitter oorlede