in

Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar-wenner

This post is also available in: English

Die wenner van die gesogte Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie is Donderdag, 18 November, tydens ‘n galadinee in Johannesburg aangewys. Gerhard Bruwer (40) van die plaas Genade Boerdery in die Douglasdistrik in die Noord-Kaap, het dié eer ingepalm.

Sy gediversifiseerde boerdery vertakkings sluit ondermeer in mielies, koring, gars, saadsonneblom, aartappels, lusern, pekanneute, beeste, uie, grondbone asook druiwe. Bruwer skryf sy sukses toe aan sy ondersteuningsnetwerk en sy plaaswerkers.

Die suksesvolle hops en proteaboer Beverley Joseph van die plaas Zelpy naby George die Wes-Kaap, het die Toyota SA Nuweoes-toekenning ingepalm.

Joseph het beskryf haar reis soos volg: “My reis as ’n vrou of bruin persoon wat toegang tot hierdie bedryf probeer verkry, was moeilik, maar nie uniek nie.” Sy het voorts gesê dat haar liefde vir landbou dit nie moeilik maak om soggens op te staan en met haar dagtaak te begin nie.

Jaco Minnaar, president van Agri SA, het na afloop van die geleentheid gesê die deelnemers aan albei kompetisies is van hoogstaande gehalte enn toonbeeld van die toekoms van landbou.

Dit is vanjaar die sewentiende jaar dat die Jongboer-kompetisie deur Toyota SA geborg word. Boere van 40 jaar en jonger wat minstens twee jaar lank `n opbetaalde lid van hul provinsiale landbou-organisasie is, kan inskryf. `n Wenner word uit elke provinsies gekies, waarna hulle finaliste is in die Jongboer van die Jaar-kompetisie.

Bruwer en Joseph het elkeen met `n splinternuwe Toyota Hilux-enkelkajuitbakkie weggery. Volgens Minnaar word die beoordeling uiters professioneel gedoen.

“Ons is baie trots op Bruwer. Al die deelnemers is jongboere om op trots te wees en ek doen `n beroep op hulle om hulself vorentoe beskikbaar te stel as leiers in die georganiseerde landbou en hul gemeenskappe,” het Minnaar gesê.

“Joseph se sukses is `n voorbeeld van wat deur harde werk en deursettingsvermoë bereik kan word. Dit is duidelik dat al die deelnemers aan die Jongboer- en Nuweoes-kompetisies nie net werkskepper is nie, maar ook die belang van hulle werkers baie ernstig opneem.”

Bruwer is aktief betrokke by georganiseerde landbou. Hy dien op Douglas Landbou-unie en Graan SA se hoofbesture. Hy is voorsitter van Graan SA se grondboonforum, dien op sy boerevereniging se bestuur, is deel van Douglas se jongboer en hy is lid van Oranjevaal se watervereniging se dagbestuur. Bruwer is getroud met Liezel en hulle het drie kinders.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Winsgewende skaapboerdery deel 3: Resep vir maksimum wins uit skaapboerdery

Winsgewende skaapboerdery Deel 4: Boer intensief vir meer wins