in

Toename in veediefstal aanmelding langs Lesothogrens

This post is also available in: English

Die Vrystaat provinsie het vir die tweede kwartaal van 2021/2022 reeds 847 aangemelde veediefstalsake gehad.

Dié syfer is volgens ’n verslag wat gesamentlik deur Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente organisasie (RPO) saamgestel is en volg op die vrystelling van misdaadstatistieke deur die minister van Polisie, Bheki Cele.

Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, is 247 van die 847 sake deur 13 boerderygemeenskappe langs die RSA/ Lesothogrens aangemeld. Die aanmeldingsyfer ten opsigte van veediefstal vir dié gebied is dus 29,16% van die Vrystaat se totale syfer. Die dorpe langs die grens wat ʼn toename in veediefstal gerapporteer het is Clocolan, Fouriesburg, Hobhouse, Kestell, Ladybrand, Qwaqwa-area, Tweespruit, Vanstadensrus en Zastron.

Isabel Kruger van die Veediefstal Voorkomings Forum van die RPO in die Vrystaat voeg by dat ses van dié dorpe se boerderygemeenskappe 20 en meer sake in die drie maande tydperk aangemeld het. “Dit dui op ʼn groot toename in veediefstal aanmelding en ons is van mening dat dit daarom noodsaaklik is dat dié gemeenskappe as hoë misdaad areas geklassifiseer moet word.”

Dr Buys het uitgewys dat alhoewel die vrystelling van die minister van Polisie geen getalle en monetêre waardes wat die verliese van boerderygemeenskappe in die Vrystaat deurgee nie, dit wel wil voorkom asof meer as 1 500 beeste en meer as 5 000 skape in dié tydperk gesteel kon wees. Dit wil ook voorkom asof tussen ʼn derde en ʼn kwart van vee wat gesteel is, weer teruggevind kon wees.

“Die minister maak egter geensins in sy misdaadstatistieke melding van hoeveel arrestasies deur die polisie op misdade en veral veediefstal uitgevoer is nie, wat baie vrae laat ontstaan.”

Vrystaat Landbou en die RPO het verskeie aanbevelings met die polisie bespreek, soos dat verhoogde fokus op misdaad voorkomings operasies moet plaasvind tesame met wit/blou lig patrollies in samewerking met boerderygemeenskappe. Daar is ook aanbeveel dat veediefstal speurders, polisiebeamptes verbonde aan sigbare polisiëring en misdaad intelligensie moet saamwerk ten einde die afsetgebiede en markte vir gesteelde vee bepaal kan word, asook dat voorlê dienste/operasies geloods word en gereelde besoeke aan veilingskrale in hul omgewing uitgevoer word.

Vrystaat Landbou en die RPO doen ’n ernstige beroep op boere om alle veediefstal insidente by die polisie te rapporteer vir ondersoek, asook om te verseker dat hulle aan die Veediefstalwet voldoen en hul vee na gelang brandmerk ten einde eienaarskap te bewys.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

InteliGro en CropWatch Africa bring effektiewe, gebruikersvriendelike tegnologie plaas toe

Boere moet voedsel produseer, nie paaie herstel