in

TLU SA waarsku teen aanvalle op plaaswerkers

This post is also available in: English

Dit het die afgelope tyd duidelik geword dat veral plaaswerkers ook toenemend geteiken word in plaasaanvalle. Dit is heelwaarskynlik omdat die misdadigers vermoed dat die slagoffers reeds hulle jaarlikse bonusse ontvang het en dat daar gevolglik aansienlik meer kontant in besit van plaaswerkers is.

“Boere word aangemoedig om werkers te waarsku om nie hulle bankrekeninge leeg te trek soos wat by talle wel die geval is nie”, versoek die adjunk president van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, Henry Geldenhuys.

“Dit is belangrik dat die voordeel van ‘n jaar se harde werk nie onklaar gemaak word deur baie kontant byderhand te hou wat as lokaas vir ongure geselskap met misdadige intensies kan dien nie”, aldus Geldenhuys.

“Terselfdertyd herinner ons boere en hulle gesinne om nie waaksaamheid te verslap wanneer daar sosiaal saam met familie, bure en vriende verkeer word nie. Tè veel lewens en ernstige beserings was in die verlede die gevolg van verslapte waaksaamheid tydens die feesseisoen”.

Bron: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

BAKKIES: ’n Oorsig oor 2018 se bekendstellings

Lemken

LEMKEN sê: ’n Duisend dankies