in

Timac Agro word nou plaaslik bestuur

This post is also available in: English

Timac Agro SA, ‘n plant- en dierevoedingkundige word nou plaaslik bestuur. Hulle is geaffilieer met Roullier. Hulle is trots om aan te kondig dat Jandré van der Westhuizen as die nuwe besturende direkteur sal oorneem.

Jandré Van der Westhuizen, ‘n gesoute Timac-werknemer, sal Timac AGRO SA lei om te verseker dat die maatskappy die Suid-Afrikaanse boeregemeenskap voorsien met produkte van die hoogste gehalte. Met ‘n innoverende en uiteenlopende reeks produkte en dienste kan ons elkeen van ons plaaslike boere help om die regte oplossings vir hulle spesifieke behoeftes te vind.

Deur noue samewerking met die plaaslike boeregemeenskap, weet ons dat kunsmis een van die grootste uitgawes vir boere is en dat droogte in baie dele van Suid-Afrika ‘n kwessie is. Om probleme soos hierdie aan te spreek, bied ons vir boere tot en met ‘n 150-dag-rentevrye rekening aan.

Bron: Timac Agro SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2019 Nasionale Begrotingsrede – ’n geleentheid om na beste praktyk terug te keer

Agri’s got talent 2019: Groter en beter