in , ,

Timac Agro se kunsmis werk uitstekend in droogtetoestande

timac

This post is also available in: English

In vandag se tyd is alles gegrond op tegnologie, so waarom moet kunsmis agterbly? Dit is hoe die mense van Timac Agro voel. Hulle bied volhoubare plant- en diereproduksie vir boere regoor die land aan en is veral gewild onder wingerdboere in die Wes-Kaap. Hulle fokus op korrelkunsmis asook ’n reeks bio-stimulante.

Timac Agro Suid-Afrika is die filiaal van die Franse maatskappy, Roullier. Roullier bestaan al sedert 1959 en verbeter heeltyd hulle vaardighede en kundigheid deur navorsing en ontwikkeling om vernuwend te bly.

Kaap Agri verkoop Timac Agro se produkte. “Timac Agro se spesialiteitsafdeling het die afgelope jaar groot uitgebrei in die Kaap, dit is waar Kaap Agri ’n belangrike rol speel. Ons het verlede jaar saam met hulle begin werk en ons het bestaande en nuwe kliёnte besoek. Ons verhouding met hulle is baie belangrik,” sê Pieter Conradie, streeksbestuurder in die Wes-Kaap vir Timac Agro.

Johann Barnard, bemarker vir Kaap Agri, sê: “’n Mens wil die jongste tegnologie vir die boere gee en Timac Agro het dit. Hulle groei die afgelope jaar was uitstekend en dit is ’n stelsel wat werk, daarom het ons ’n uitstekende verhouding met hulle. Hulle het skitterende produkte, dit is nommer een. Ek het nog nooit iets beter gesien nie en kan dit met niks vergelyk nie.”

Hoe dit werk: Timac Agro het bemarkers in die veld wat die boere besoek om die boer se behoeftes op sy plaas te bepaal deur grondontledings te doen. Daarvolgens werk Timac Agro ’n program uit en maak ’n aanbeveling vir die boer. Hulle lewer ook die kunsmis wat tot voordeel van die boer en sy plaas moet wees by die boer af. “Hulle bemes wat die plant nodig het en werk volgens die plant se behoeftes,” sê Johann.

Remé Levember, senior bestuurder van Kaap Agri; Deon van der Merwe, tegniese bemarker vir Timac Agro in die Boland; Johann Barnard, bemarker vir Kaap Agri en Pieter Conradie, streeksbestuurder van Timac Agro vir die Wes-Kaap, by grootmaatverpakkings van Sulfammo-kunsmis.

Die gewildste Timac Agro-produkte vir wingerdboere is D-Coder, Sulfammo en Fertiactyl.

D-Coder:

Die vernuftige D-Coder wat ook in droogtetye gebruik kan word, want dit benodig nie water nie.

Dit is ’n interaktiewe enkelkorrel wat op die plant se wortelsure reageer en meer as een element in die korrel bevat. Normale kunsmis blus gou, maar die D-Coder lê totdat dit opgebruik word; dit hoef nie op water te wag nie. “Dit is ideaal vir droogtetoestande asook nat toestande,” sê Pieter.

Tydens die droogtetyd is Timac se D-Coder op grasperke by skole in die Wes-Kaap toegedien. “As dit na ’n ruk weer reёn, groei die gras weer. Daar is niks soos dit op die mark nie. Dit is die beste in die wêreld,” sê Johann.

Meer oor die D-Coder:

  • Dit vertolk plantwortelseine wat in die vorm van wortelafskeidings vrygestel word en stel voedingstowwe vry soos en wanneer die plant dit benodig.
  • D-Coder versterk: Aktiwiteit in die wortelsone word versterk deur die FMR-kompleks, wat plantmikrobe-interaksie, die mineralisasie van organiese materiaal en die beskikbaarheid van voedingstowwe verbeter.
  • D-Coder vermeerder: Wortelgroei deur die gepatenteerde PES-kompleks, wat wortelgroei en die produksie van wortelafskeidings bevorder.
  • D-Coder bevat wateroplosbare voedingstowwe om in die behoeftes tydens die aanvanklike groeifases te voorsien.

Sulfammo:

Timac Agro se Sulfammo-kunsmis is ’n stikstofkorrel wat gebruik word vir na-oes- of botbemesting by wingerde.

Sulfammo is Timac Agro se stikstofkorrel wat gebruik word vir na-oes- of botbemesting by wingerde of as bo-bemesting by ander gewasse soos koring.

“Wat dit goed maak, is dat dit tot 120 dae sonder water kan lê, maar sodra dit water kry, tree die korrel in werking,” sê Pieter.

Meer oor Sulfammo:

  • N-proses verminder stikstofverliese.
  • N-proses verbeter die stikstof-inname van die plant en skakel die stikstof om na proteїene.
  • N-proses stimuleer grondbiologiese aktiwiteit en verbeter organiese stikstof.
  • N-proses werk grondversuring wat deur stikstoftoediening veroorsaak word teen, te danke aan bykomende seekalsiumkarbonaat.

Fertiactyl:

Fertiactyl is ’n spanningsreguleerder wat help dat ’n plant in sy groeisiklus deur so min as moontlik spanning gaan sodat dit ’n optimale oes lewer. “Ons beveel dit aan vir wingerdboere wat rolbladvirus het om die plant te help om minder spanning te hê, sodat die wingerd sy verlangde suikervlakke kan bereik,” sê Pieter.

Daar is drie verskillende Fertiactyl-produkte: GZ, Starter en Trium.

Meer oor Fertiactyl:

  • Dit verhoog wortelontwikkeling en verbeter die voedingsvermoё van die plant.
  • Dit bevorder die opname van alle elemente vir die verbeterde werking van bladgroenkorrels, wat lei tot beter groei en die opbou van reserwes.
  • Dit maak dat die plant onder spanningstoestande oorleef.
  • Dit versterk die natuurlike verdedigingstelsel van die plant.

Diereproduksie:

Timac Agro se Calseamag+ lekblok is ’n goed gebalanseerde blok wat perfek vir perde werk.

Timac Agro verskaf ook lekblokke vir vee.

Die lekblokke bevorder die vertering van die dier om sy voer of weiding beter te benut en produksie te verbeter. Dit is soutgebaseer om oorinname op die blokke te verhoed.’

Voordele van die lekblokke:

  • Harde blok
  • Kan reёn hanteer, sal nie oplos in die reёn nie.
  • Soutgehalte – dier kan net ’n sekere hoeveelheid per dag inneem.
  • Tegnologie – verhoed ammonia-toksisiteit deur die vorming van ammonia te verhoed en proteïenvorming te verhoog.
  • Ureumvrye blok.
  • Diere kan nie blokke byt nie.
  • Ondersteun immuniteit en vrugbaarheid.
  • Verminder spanning.

Voordele vir perde:

  • Een blok vir een perd kan tot agmaande hou. Plaas een blok uit vir twintig tot dertig diere.
  • Dit bevat selenium en vitamien E.
  • Bevat magnesium om spanning te verminder – ontspan spiere.
  • Natuurlike kalsium van seewier.
  • Verhoed asidose – buffer pH in maag.
  • Verskaf sout.

Skakel Timac Agro by 071-610-8082 of stuur ’n e-pos aan info@timacagro.co.za om jou greep op tegnologiese plant- en diereproduksie te verstewig. Besoek ook hulle webwerf by www.timacagro.co.za vir meer inligting.

Timac Agro se produkte.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Internasionale erkenning vir SA olyfolie maatskappy

rumax

Rumax se sakpasmengers laat jou voerrekening sak