
Scania draf lag-lag met die swaarste vrag
“Ek sal ’n Scania weer vervang met ’n Scania,” sê Rossouw van Bergen, eienaar van Noordkaap Landboudiens- (NKLD) -vervoermaatskappy en besproeiingsboer van Backhouse Landgoed by Douglas. Rassie Jonker, wat al 23 jaar van Rossouw se Scania-vragmotors bestuur, stem saam: “Die beste ding wat nog ooit op die aarde gemaak is, is ’n Scania R 580.” […] More