Latest stories

  • in

    Moeg vir paaie wat verval

    Moeg vir swak diens en vervalle paaie! Dit is waarom boere in die Allanridge-omgewing vanoggend, 10 Mei 2022, die S-86 met bakkies en sleepwaens blokkeer het om hul misnoeë met die departement vanpaaie te demonstreer weens die departement van paaie se onvermoë om die R-30-pad te herstel. Die R-30-pad naby Allanridge, wat al as die […] More

  • in

    Landbou sal sy stempel in die parlement afdruk

    Die parlement sal vandag mondelinge voorleggings van verskillende organisasies en individue oor die onteieningswetsontwerp aanhoor. Vrystaat Landbou sal hom voorberei ter verdediging van eiendomsreg, die oppergesag van die reg en gesonde ekonomiese beleid. Die organisasie sal aan die parlementslede verduidelik waarom die twee huise (die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies) met ’n groot […] More

  • in

    Vrystaat Landbou steun Ficksburg-protes vir beter paaie

    Ficksburg se gemeenskapsforum, Sechaba sa Ficksburg, het alle roetes deur Ficksburg sedert 06:00vm op Woensdag, 17 Maart 2021 gesluit. Hulle sal die aksie handhaaf totdat hulle ’n bevredigende antwoord van die regering ontvang op hul brief, gerig aan die Premier van die Vrystaat, me. Sisi Ntombela. Die brief, wat op 2 Maart gelewer is, het […] More

  • in

    Trompsburg se boere oorweldig oor oop harte ná brande

    “’n Mens voel die skade aan jou en jou boerdery en dit kan jy nog hanteer. Maar wanneer mense voer aanbring en jy weet hulle het nie eers genoeg vir hulself nie, dan raak dit jou werklik en weet jy nie eintlik wat om te sê nie.” Só het Andries Kotzé, voorsitter van die Trompsburg-landbouvereniging, […] More

  • in

    VL spreek grondkwessie by jaarkongres aan

    ’n Waterskeidingskongres. Waarskynlik die belangrikste in die geskiedenis van landbou in Suid-Afrika én die Vrystaat. Dis hoe Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), sy organisasie se jaarkongres beskryf het. Volgens Wilken is daar “nêrens in die wêreld boere wat moet boer onder die druk waarmee Suid-Afrikaanse boere te doen het nie”. Meer as 250 […] More

  • police
    in

    VL waarsku teen sogenaamde “polisiebeamptes” se bedrog

    Sogenaamde “polisiebeamptes” wat boere bel oor hulle vee en ander eiendom wat teruggevind is, slaan steeds in die Vrystaat toe. Volgens dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou (VL), is daar 17 dorpe of gebiede in die provinsie waar sedert begin vanjaar toegeslaan is. Dit is Bethulie, Bloemfontein, Brandfort, Clarens, Cornelia, Dealesville, Dewetsdorp, Glen, Heilbron, […] More

  • in

    Nuwe selfoontoepassing beskikbaar vir boere se veiligheid

    Vrystaat Landbou (VL) het onlangs ’n nuwe veiligheidstoepassing met die naam Die Plaaswag aan sy lede, boere en die publiek bekend gestel. Volgens Gerhard Kriel, hoof uitvoerende beampte van VL, werk die toepassing of toep, waarvan VL ’n vennoot is, met ’n paniekknoppie en sal dit boere en die publiek se veiligheid verbeter. Dit is […] More

  • in

    VL en Cope bespreek Artikel 25 van Grondwet

    Vrystaat Landbou (VL) het ten doel om ’n veilige en volhoubare landbou-omgewing in belang van landbou in die Vrystaat te bevorder en werk saam met alle partye om hierdie doel te verwesenlik. In die lig hiervan brei die organisasie sy netwerk van belanghebbendes deur verskeie inisiatiewe uit, alles om uiteindelik sy lede te bevoordeel. Daarom […] More

  • in

    VL doen beroep oor grensveiligheid op regering ná Ladybrand-moord

    Vrystaat Landbou (VL) is saam hartseer en spreek sy innige meegevoel uit teenoor die familie, kollegas en gemeenskap van Ladybrand wat deur die moord van ’n plaasbestuurder en beweerde verkragting van sy vrou geruk is. VL sal sy kommunikasiestrategie gebruik om seker te maak die Landelike-beveiligingstrategie (LBS) sluit almal in die landbougemeenskap in. Die organisasie […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.