Latest stories

  • in

    Cele moet tsamaea, sê TLU SA

    TLU SA het genoeg gehad van die swak bestuur in die Polisie Departement en het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die minister, Bheki Cele, se kop te laat rol. Onder sy wanbestuur van die departement:   Word die SAPD se vuurwapen register afgeskakel en is daar geen manier om gesteelde amptelike vuurwapens na te spoor […] More

  • in

    TLU SA blameer minister van arbeid vir komende werksverliese

    TLU SA betreur die minister van arbeid en indiensneming, mnr. Thulas Nxesi se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimum loon van 16,1% vir plaaswerkers. “Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik om ‘n gesprek aan te lê om tot ‘n sinvolle vergelyk en oplossing te kom,” sê mnr. Henry […] More

  • in

    TLU SA nie beïndruk deur voorspelbare begroting

    Die Nasionale Begroting van 2021 het niks gedoen om landbou opgewonde te maak nie. Die begroting is vandag deur die minister van finansies, mnr. Tito Mboweni in die parlement aangekondig. Soos verwag was daar ‘n sterk fokus op ekonomiese groei en het die minister vroeg in die toespraak gesê hierdie begroting skep die raamwerk sodat […] More

  • in

    TLU SA stel veldtog bekend om veiligheidsuitgawes belastingaftrekbaar te maak

    TLU SA het vandag ‘n veldtog bekendgestel om die Belastingwet so te verander dat alle Suid-Afrikaners enige veiligheidsuitgawes teen belasting kan verhaal. Afdeling 23(b) van die Belastingwet verhoed Suid-Afrikaners om veiligheidsuitgawes van inkomstebelasting af te trek. Hoewel besighede reeds sodanige uitgawes kan aftrek, wil TLU SA met hierdie veldtog spesifiek daarop fokus om verbruikers – […] More

  • in

    TLU SA dankbaar oor goeie reën in Suid-Afrika

    TLU SA is dankbaar vir die uitermatige goeie reën wat die afgelope ruk oor wydverspreide dele van die land geval het. Dit het groot verligting onder baie boere in Suid-Afrika gebring. “Ons het van oraloor boodskappe ontvang van boere wat ervaar hoe die natuur intens herstel na die reën,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president […] More

  • in

    TLU SA nooi landbourolspelers om minimumloon vir plaaswerkers dringend te bespreek

    In lig van die aankondiging dat die minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 ook tot R21,69 per uur verhoog, het TLU SA rolspelers in die landboubedryf genooi om dringend deel te neem aan ‘n gesprek om die situasie te bespreek. “Ten spyte van baie goeie realistiese insette van verskeie rolspelers in die bedryf, is […] More

  • in

    TLU SA voorsien toename in werkloosheid en kospryse oor hoër nasionale minimumloon vir plaaswerkers

    TLU SA is geskok en teleurgesteld dat die Nasionale Minimumloon vir plaaswerkers van 1 Maart 2021 in werking tree. Die minister van Werkskepping en Arbeid, mnr. Thulas Nxesi het gisteraand in die Staatskoerant aangekondig dat die minimumloon vir plaaswerkers met 16% tot R21,69 per uur toeneem. TLU SA het in Desember 2020 kommentaar gelewer teen […] More

  • in

    TLU SA versoek Suid-Afrikaners om oor Onteieningswet kommentaar te lewer

    TLU SA moedig Suid-Afrikaners aan om teen die wysiging van die bestaande Onteieningswet (Wet 63 van 1975) kommentaar te lewer. Die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur het einde November ‘n voorlegging hieroor goedgekeur en dit is nou vir kommentaar van die publiek oopgestel. Die bestaande wet is volgens die regering strydig met die […] More

  • in

    Suid-Afrika moet dringend optree teen wanbestuur van land, sê TLU SA

    TLU SA is dit eens dat die afgradering van die Landbank deur die kredietgradering agentskap Moody’s Investors Service bloot ‘n simptoom van die vele probleme in Suid-Afrika is. Die Landbank het vandeesweek aangekondig dat dit nie daarin gaan slaag om uitstaande skuld teen einde November te herstruktureer soos voorheen beplan is nie. Dit sal waarskynlik […] More

  • in

    TLU SA beklemtoon landbou se onmisbare rol in land

    Dit is betreurenswaardig dat daar steeds sommige groepe is wat nie die waarde van boere in Suid-Afrika besef nie. TLU SA wil graag die rol van landbouers deur die volgende punte beklemtoon: Landelike gemeenskappe is afhanklik van suksesvolle kommersiële boere in die omgewing vir hulle voortbestaan. Plattelandse dorpe is afhanklik van die koopkrag wat boere […] More

  • in

    TLU SA neem ferm standpunt oor beveiliging van Suid-Afrikaners

    Dit is vir TLU SA duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering onbekwaam of onwillig is om die land se inwoners te beskerm. Daarom gaan TLU SA wetgewing ondersteun wat Suid-Afrikaners die basiese geleentheid gun om vir hulle eie veiligheid en sekuriteit te sorg. “Ons sien die regering se onvermoë om ons te beskerm in elke deel […] More

  • in

    TLU SA Vrystaat waarsku oor gevoel van verset onder boere

    TLU SA hoop die regering, die minister van polisie, Bheki Cele en misdadigers neem kennis van die groeiende gevoel van verset onder Suid-Afrika se boere. ‘n Groot aantal ondersteuners het vanoggend by die hof in Senekal, Vrystaat byeengekom waar die verdagtes in die grusame moord op die jong plaasbestuurder, Brendin Horner sou verskyn. Die saak […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.