Latest stories

  • in

    Kinders ook slagoffers van oorgrensmisdade wat al groter bedreiging vir VS boerderygemeenskappe se veiligheid word

    Vrystaat Landbou (VL), wat meer as 3 500 kommersiële landbouers in die Vrystaat verteenwoordig, is baie bekommerd oor die toename in oorgrens-misdade wat in boerderygemeenskappe plaasvind. Plase wat geleë is tussen die RSA en die Lesothogrens word veral geteiken. Op 21 Junie 2020 is John Parr van die plaas Yaxham in die Tweespruit-omgewing, tesame met […] More

  • eskom
    in

    VL teleurgesteld in NERSA se goedkeuring van ESKOM prysverhogings

    Dit is vir Vrystaat Landbou (VL) ‘n reuse teleurstelling dat NERSA toegelaat het dat ESKOM R13,3 miljard van die R27,3 biljoen aan verliese wat ESKOM gedurende die boekjaar 2018-19 gely het, kan vorder. VL doen al ‘n aantal jare voorleggings en vertoë tydens NERSA se openbare verhore en het al menigmaal sy afkeur vir die […] More

  • corona
    in

    VL (COVID-19) Corona-virus aksies

    Sonder om paniek te saai en in ‘n poging om die verspreiding van COVID-19 te probeer beperk het die Dagbestuur van Vrystaat Landbou(VL) op 16 Maart 2020 vergader en as gevolg van sy verantwoordelikheid teenoor sy personeel, bestuur, lede en hulle werknemers besluit om alle byeenkomste wat vir die volgende 30 dae beplan was uit […] More

  • in

    Nuwe kommunikasiebeleid in VS in stryd teen veediefstal

    ’n Nuwe kommunikasiebeleid is geformuleer om die kopseer van veediefstal in die Vrystaat meer doeltreffend aan te spreek. Die Vrystaatse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die provinsie en Vrystaat Landbou (VL) het saamgespan om dit vir hul lede makliker te maak om te weet watter riglyne om te volg wanneer veediefstal-probleme ondervind word. Elk […] More

  • in

    Vrystaat Landbou eis sterk optrede van wetstoepassers oor miltsiekte

    “Vrystaat Landbou (VL) spreek ernstige kommer uit oor die uitbreek van miltsiekte in Lesotho. Dit kan katastrofiese gevolge vir die vleisbedryf in die provinsie inhou.” Só sê Francois Wilken, president van VL, nadat ’n uitbreking van dié siekte naby Maseru in Lesotho bevestig is. Volgens hom het VL oor ’n tydperk van 15 jaar die […] More

  • in

    Baanbrekersvergadering tussen landboustrukture en Fidelity ADT gee landelike veiligheid ‘n hupstoot

    ’n Baanbrekersvergadering en ’n eerste stap om veiligheid en misdaad in landelike gebiede op ’n hoër vlak aan te spreek. Só het Jakkals le Roux, voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by Vrystaat Landbou (VL), ’n belangrike vergadering tussen georganiseerde landbou en Fidelity ADT beskryf. Die doel van dié vergadering, tussen Fidelity ADT, VL, Agri Noord-Kaap, […] More

  • in

    Boere moet in SA geleenthede soek, sê VL Jongboer-wenner

    “Jongboere moet ophou Google oor moontlike geleenthede wat daar in die buiteland is. Google eerder oor watter geleenthede daar in Suid-Afrika is.” Só sê Herman Janse van Rensburg, Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar vir 2019. Die raakvatter van Arlington glo daarin om positief te wees en meen boere moet plaaslik geleenthede soek. […] More

  • in

    VKB en verskaffers span saam om rekordbedrag vir VL se veiligheid te skenk

    Die geld wat ingesamel is, is nie uit boere vir boere nie. Dit is uit die ondersteunende bedryf ter wille van boere se veiligheid. So sê Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die VKB-groep, oor die rekordbedrag wat op 11 April 2019 vir Vrystaat Landbou (VL) se veiligheid ingesamel het. Volgens hom vat VKB, […] More

  • in

    Landbou is ’n vennootskap van klomp rolspelers

    Vrystaat Landbou (VL) beskou die uitsprake dat 20% produsente 80% van Suid-Afrika se voedsel produseer as onverantwoordelik en gevaarlik. Só het Francois Wilken, president van VL, gesê nadat dié uitlatings onlangs in die media gemaak is. Volgens hom word landbou in die Vrystaat as ’n geïntegreerde vennootskap tussen almal in die landbou-waardeketting beskou. Dit sluit […] More