Latest stories

  • in

    Bokhaarmark is stabiel

    Die bokhaarmark het stabiel gebly op die vyfde veiling van die somerverkoopseisoen en met 1,2% gestyg om op R288,21/kg te sluit. Alhoewel nie al die koperhuise op die veiling teenwoordig was nie, was die kompetisie steeds sterk. Mnr F Retief van Boksfontein Boerdery (Murraysburg) het ‘n uitstekende gemiddelde prys van R447,17/kg op die totale skeersel […] More

  • in

    Bokhaarmark styg

    Die sybokhaarmark het op die tweede veiling van die 2019 somer verkoopseisoen met 1,8% gestyg tot R283,90/kg, grotendeels as gevolg van die swakker Rand.   Kopers het aktief meegeding vir die kleiner as normaal aanbieding waarvan ‘n verkoopspersentasie van 92,1% bereik is. Slegs die sterk grootbokhaar kategorie het goedkoper verhandel, hoofsaaklik as gevolg van ‘n […] More

  • in

    Bokhaarmark onveranderd

    Die eerste veiling van die 2019 somerverkoopseisoen het met goeie mededinging van alle kopers afgeskop. Alhoewel die aanbieding van die eerste veiling altyd varieer in gehalte en lengte, het die kopers aktief meegeding om die klein hoeveelheid sybokhaar wat aangebied was. Die fyner kant van die aanbieding het duurder verhandel terwyl die sterker tipes goedkoper […] More

  • in

    Bokhaarmark daal

    Pryse van sybokhaar het onder druk gekom op die laaste veiling van die winterverkoopseisoen 2018. Die gemiddelde markaanwyer het 4,0% goedkoper gesluit op R278,97/kg. Die sterker Rand het handelsomstandighede bemoeilik wat kompetisie in die lokaal belemmer het. Die Rand het 3,3% sterker teen die Amerikaanse Dollar verhandel op R13,61 en 3,5% sterker teen die Euro […] More

  • in

    Bokhaarmark versterk

    Die sybokhaarmark het goed presteer op die voorlaaste veiling van die winterverkoopseisoen 2018. Ten spyte van die sterker Rand het die gemiddelde markaanwyser met 1,5% gestyg om op R290,47/kg te sluit. Die Rand het teen R14,08 teen die Amerikaanse Dollar verhandel en R16,07 teen die Euro. Die Rand het 1,0% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk […] More

  • in

    Bokhaarmark onveranderd

    Die sybokhaarmark het prysvlakke op die vyfde verkoop van die winterseisoen 2018 gehandhaaf met die gemiddelde markaanwyser wat slegs 1,0% teruggesak het om op R289,03/kg te sluit. Al die ouderdomsgroepe het relatief onveranderd gebly. Die Rand het teen R14,22 teenoor die Amerikaanse Dollar en R16,22 teenoor die Euro verhandel. Die Rand het met 0,1% teenoor […] More

  • in

    Bokhaarmark effe ligter

    Die sybokhaarmark het goeie prysvlakke gehandhaaf, ten spyte van ‘n sterker Rand, met die gemiddelde markaanwyser wat slegs met 1,1% gedaal het om op R289,03/kg te sluit. Alhoewel gemiddelde pryse van jongbok- en grootbokhaar effe gedaal het, het die vraag na kleinbokkiehaar ferm gebly met ‘n marginale toename van 0,6% om op R405,51 te sluit. […] More

  • in

    Sterker rand benadeel bokhaarmark

    Die sterker Rand het aanleiding gegee tot ‘n 5,6% afname in die gemiddelde markaanwyser om op R292,27/kg te sluit. Alhoewel die aanbieding bestaan het uit ‘n paar goeie individuele skeersels, het die totale aanbieding meer saad en laer skoonopbrengs persentasies bevat in vergelyking met die vorige veiling. Die Rand het teen R14,39 teenoor die Amerikaanse […] More

  • in

    Bokhaarmark trek voordeel uit swak rand

    Die gemiddelde markaanwyser het 9,6% duurder gesluit op R309,76/kg in vergeleke met die vorige veiling van die 2018 winter verkoopseisoen. Pryse is opwaarts gedryf as gevolg van die baie swakker Rand, lae volumes in die waardeketting en volgehoue sterk vraag na sybokhaar. Die Rand het teen R15,29 teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel en R17,67 teenoor […] More

  • in

    Goeie begin vir bokhaarmark

    Die sybokhaarmark het die winterverkoopseisoen op ‘n positiewe noot begin met die gemiddelde markaanwyser wat op R282,62/kg gesluit het. ‘n Totaal van 91 743 kg is aangebied met ‘n  98,0% verkoopspersentasie. Die Rand het met 4,2% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar en het teen R14,15 verhandel. Die katalogus het vir die eerste keer die volhoubaarheidstatus […] More

  • bokhaar
    in

    Bokhaarmark sluit op ‘n hoё noot

    Die bokhaarmark het in verkopersguns gesluit op die laaste veiling van die 2018 somer verkoopseisoen. Bokhaarpryse is opwaarts gedryf deur die swakker Rand tesame met gesonde kompetisie van al die kopershuise vir die top gehalte skeersels wat aangebied was. Die Rand het met 7,9% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak verhandel en teen R13,58. Die gemiddelde […] More

  • bokhaar
    in

    Bokhaarmark onveranderd

    Die sybokhaarmark het onveranderd gesluit op die voorlaaste veiling van die 2018 somer verkoopseisoen. Die mark was goed ondersteun deur die top gehalte Zegna en Miyuki skeersels, veral die kleinbokkiehaar, wat aangebied was. Hierdie skeersels het goeie kompetisie van al die kopershuise ontlok. Die Rand het met 0,4% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak verhandel teen […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.