Latest stories

  • in

    Agri SA verwerp oorhaastige openbare beraadslaging oor artikel 25-wysiging

    Agri SA is teleurgesteld in die besluit van die ad hoc-komitee, wat getaak is met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, om nie voorsiening te maak vir behoorlike konsultasie en openbare deelname nie. Die komitee het die konsepwetsontwerp vir die wysiging van die eiendomsklousule op 3 Desember 2019 bespreek. Agri SA het gevra […] More

  • Agri SA gereed om in gesprek te tree oor Watermeesterplan

    Op 28 November 2019 het die minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, Lindiwe Sisulu, die langverwagte Nasionale Water en Sanitasie Meesterplan (NW&SMP) in Pretoria bekendgestel. Die NW&SMP skets die kort-, medium- en langtermyn strategie om watersekerheid vir alle Suid-Afrikaners te beskerm. “Landbou as sektor is die grootste verbruiker van rou water en produksie is […] More

  • in

    Agri SA spreek kommer uit oor bek- en klouseer uitbrake

    Agri SA het ernstige kommer oor die nasionale verbod op veeveilings as gevolg van die jongste voorvalle van bek- en klouseer (FMD) in Limpopo. “Dit sal ‘n negatiewe ekonomiese impak op die landbousektor hê,” waarsku Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA. “Die nasionale verbod op veeveilings kom op ‘n tydstip wanneer boere reeds […] More

  • in

    Agri SA se verwagtinge: Mediumtermyn-begrotingsbeleidstelling 2019

    Agri SA verwag dat die mediumtermyn-begrotingsbeleidstelling (MTBPS) voldoende hulpbronne beskikbaar sal stel om die landboubedryf se mededingendheid te verhoog en boere te ondersteun, veral in die droogte-geteisterde gebiede. Die minister van Finansies, Tito Mboweni, sal die MTBPS op 30 Oktober aan die Parlement voorlê. Dit dien ook as ’n geleentheid om terugvoering te gee en […] More

  • in

    Ministers spreek boere toe

    Agri SA sien uit daarna om volgende week sy lede verteenwoordigend van die hele waardeketting by sy jaarlikse kongres te ontvang. Die tema van vanjaar se kongres is Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing in die era van die Vierde Industriële Revolusie. “In ’n snel-veranderende omgewing moet boere op hoogte wees van nuwe ontwikkelinge om […] More

  • in

    Agri SA verwelkom minister se voorneme om saam met georganiseerde landbou te werk

    Agri SA is bemoedig deur die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, se begrotingsrede wat vandag in die Parlement gelewer is. Die president van Agri SA, Dan Kriek, het die toespraak bygewoon en het die fokus op vennootskappe, landbou-finansiering, die kommersialisering van swart boere en die produktiewe gebruik van grond, verwelkom. “Dit […] More

  • in

    Cullinan gemeenskap gaan oor tot aksie

    “Daar moet kennis van geneem word dat plaasaanvalle gepaard gaan met onmenslike geweldpleging en dat die huidige wetstoepassing alleen nie meer as ’n afskrikmiddel vir misdadigers dien nie” het Tommie Esterhuyse van Agri SA gesê tydens ’n veiligheidsdag wat deur Agri Gauteng in Cullinan gereël is. “Ons moet as gemeenskap saamwerk om die euwel van […] More

  • in

    Plaasveiligheid: Die eerste nasionale prioriteit

    Agri SA wil saam met Agri Wes-Kaap die onlangse moord op Stefan Smit, ’n boer van Stellenbosch, ten sterkste veroordeel. Agri SA wil ook graag sy medelye met die Smit gesin betuig. Hy sal onthou word as ’n staatmaker en leier binne sy gemeenskap. Sy dood is ’n enorme verlies. “Stefan het ’n groot rol […] More

  • in

    Agri SA se uitvoerende direkteur aan die hoof van WFO werkgroep

    Agri SA wil graag vir Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, gelukwens met sy verkiesing Dinsdag tot Fasiliteerder vir die Globale Koöperasies Werkgroep van die Wêreld-landbou-organisasie (WFO). Die WFO bring nasionale boereorganisasies en landboukoöperasies van regoor die wêreld saam en vergader tans in Luxemburg. “Die werkgroep is ’n geleentheid vir Agri SA om […] More

  • droogte
    in

    Santam, in samewerking met Agri SA, gee hoop aan droogte-geteisterde Sutherland-gemeenskap

    Agri SA is innig dankbaar teenoor Santam vir hul R300 000-skenking aan die Agri SA Droogterampfonds. Die voortslepende droogte in Sutherland in die Noord-Kaap het ‘n verwoestende afname in die skaapteeltbevolking tot gevolg gehad en het die dorp se ekonomie onder geweldige druk geplaas. In die lig hiervan, het Suid-Afrika se voorste versekeraar, Santam, R300 000 […] More

  • in

    Agri SA lig die Amerikaanse regering in oor OSV en plaasveiligheid

    Agri SA het spesifieke oplossings vir Suid-Afrikaanse landbou en sal aanhou om met ‘n verskeidenheid internasionale rolspelers te konsulteer ten einde boere se belange te bevorder.  Agri SA is Vrydag 14 Maart 2019 genooi vir ‘n hoëvlak gesprek met John J. Sullivan, adjunk-sekretaris van Buitelandse Sake van die VSA.  Die gesprek is deur die VSA […] More

  • in

    Agri SA eis ’n onmiddellike herroeping van die Noord-Kaap se “onteieningslys”

    Agri SA eis ’n onmiddellike herroeping van die ANC Noord-Kaap se onteieningslys. Agri SA sal sy lede in die Noord-Kaap verdedig, nes ons in die Melmoth-saak in KwaZulu-Natal gedoen het. President Cyril Ramaphosa en top amptenare van die ANC het by herhaling die versekering gegee dat produktiewe plase nie vir onteiening sonder vergoeding (OSV) geteiken […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.