in ,

Syngenta maak boere sterker met nuwe kleingraanswamdoder

՚n Staatmaker wat boere in staat stel om hulle gesaaides teen peste en plae te beskerm is Syngenta, die op-en-wakker manier wat deurgaans nuwe maatskappy ontwikkel om die boer met wenprodukte, wendiens en wenraad te bedien.

Met die onlangse bekendstelling van Syngenta se nuwe sistemiese swamdoder in kleingraan in die Wes-Kaap, word ՚n nuwe era vir voorkomende beheer van blaarsiektes in kleingraan betree.

Syngenta se nuwe sistemiese swamdoderformulasie, MIRAVIS® Neo, se sleutel-aktiewe bestanddeel; ADEPIDYN™ is ՚n nuwegeslag middel in die karboksamiedgroep wat deur Syngenta ontwikkel is.

Die formulasie is geregistreer vir voorkomende beheer van:

  • Vaalblaar (Septoria spp) in koring
  • Poeieragtige meeldou (Blumeria graminis)
  • Roes (Puccinia spp) in koring, gars en hawer
  • Netvlek (Pyrenophora teres) in gars en hawer
  • Blaarvlek (Rhyncosporium secalis)
  • Ramularia-blaarvlek (Ramularia collo-cygni) saam met BRAVO®

Doeltreffende werking

Relatiewe lae dosisse van die aktiewe bestanddeel is besonder doeltreffend teen ՚n groot verskeidenheid blaarswamsiektes op kleingraan. Dit inhibeer ՚n spesifieke proteïenkompleks in die mitochondria van ՚n ontwikkelende swamsiekte deur die energiebron wat die swam nodig het om te groei, te deaktiveer.

MIRAVIS® Neo is onder meer geregistreer vir die voorkomende beheer van vaalblaar (Septoria spp.) in koring

ADEPIDYN™ word na toediening vinnig in die waslaag van die plant opgeneem en vanuit hierdie reservoir in die waslaag loog die aktief deur na swamsiektes wat op die blaaroppervlak ontwikkel. Die unieke vestiging van ADEPIDYN in die waslaag van die blaar verseker dat metaboliese afbraak van die aktief vertraag word en bring verdere voordele van reënvastheid wat die nawerking teen siektes in die behandelde plant verleng.

MIRAVIS® Neo bevat ook asoksistrobien en propikonasool, wat saam langdurige en doeltreffende beheer teen kleinblaarsiektes het, en terselfdertyd die opbou van weerstand bestuur.

Wapen teen weerstand

Swamme kan mettertyd weerstand opbou teen sekere chemikalieë wat as swamdoders gebruik word. Om weerstandigheid te voorkom, moet swamdoders met verskillende FRAC-kodes Voeg asseblief in: (FRAC = Fungicide Resistance Action Commitee [Swamdoderweerstandaksiekomitee]) afwisselend gebruik word. Swamdoders in dieselfde FRAC-kode stimuleer die ontwikkeling van weerstand.

Die kombinasie van aktiewe bestanddele in MIRAVIS® Neo ondersteun voorkoming van weerstandigheid, want afwisseling stel patogene bloot aan drie aktiewe bestanddele wat op verskillende maniere werk. Weerstand wat teen een metode van werking opgebou is, sal dus nie die patogeenbevolking teen ՚n ander metode beskerm nie. Selfs indiwidue in die bevolking wat natuurlik weerstandig is teen een metode van werking, sal danksy afwisseling beheer word deur die middel uit ՚n ander groep.

Tydsberekening

Die tydsberekening van voorkomende toediening van swamdoders is van uiterste belang, want teen die tyd dat die simptome sigbaar raak, is dit gewoonlik te laat.

Blaarsiektes val die gasheerplant se blare aan en verminder die blaaroppervlak wat nodig is vir optimale fotosintese. Dit belemmer die produksie van suikers wat nodig is vir die metaboliese en fisiologiese prosesse wat graanvorming, graanvul, graangehalte en staanvermoë bepaal.

Met die koring oesryp, is die deel van die land wat met MIRAVIS® Neo behandel is siektevry.

Hoewel die vlagblaar in kleingraan die laaste blaar is wat tydens die vegetatiewe groeistadium ontwikkel, is dit belangrik dat dié blaar optimaal funksioneer. Koolhidrate wat deur fotosintese in die vlagblaar gevorm word, is die primêre bron vir byvoorbeeld graanvul.

Siektes op ՚n vroeër stadium kan ook blaargroei beïnvloed omdat energie wat vir gesonde groei nodig is, gebruik om die besmetting te beveg. “Dit is belangrik dat blare vanuit die staanspoor voorkomend beskerm moet word – om ՚n gevestigde siekte te stop of te beheer is feitlik onmoontlik,” sê Francois van Deventer, ՚n swamdoderdeskundige van Syngenta.

Dit is dus belangrik dat boere die teikensiekte en sy lewensiklus in ՚n spesifieke gebied verstaan en die behandeling tydig toepas. Die doeltreffende en langwerkende uitwerking van MIRAVIS® Neo is van onskatbare waarde om siektes voorkomend te bekamp en optimale opbrengs te verseker. “Die resultaat is ՚n verskil wat sommer met die blote oog gesien kan word,” sê Francois.

Lees die produketiket vir volle besonderhede

MIRAVIS® Neo bevat ADEPIDYN™- tegnologie (pydiflumetofen), asoksistrobien en propikonasool (L11102, Wet 36 van 1947). SKADELIK.

MIRAVIS® Neo is ՚n geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak X60, Halfway House, 1685. Tel 011-541-4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, Kopiereg van hierdie dokument is voorbehou. Alle onregmatige kopiëring word verbied.

Diagram van ‘n plantstruktuur en sy komponente. (Illustrasie deur Anthony B Pearson)

Hoewel Syngenta eers in 2000 in Suid-Afrika gevestig is, het die maatskappy ՚n lang geskiedenis wat reeds in 1758 begin het in Geigy, ՚n Switserse maatskappy wat in Basel gevestig was. Syngenta het in 2000 tot stand gekom deur die samesmelting van Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals.

Vandag het Syngenta 28 000 werknemers in negentig lande en hulle doel is om al beter oesbeskerming te bied wat sal bydra tot groter oeste van gesonde landbouprodukte wat ՚n groeiende wêreldbevolking te midde van die toenemende uitdagings van klimaatsverandering kan voed.

“Net soos mense word plante soms siek en het dan medisyne nodig om beter te word,” sê Luciana Rado Schumann, hoof van Syngenta se regulatoriese en produkveiligheidportfolio. Dit is veral belangrik dat medisyne wat ontwikkel is om plante gesond te hou, nie die mens en sy omgewing skade berokken nie.

MIRAVIS® Neo is ՚n geregistreerde handelsmerk van ’n Syngenta Groepmaatskappy. Kontak Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk by 011-541-
4000 of besoek die webtuiste by www.syngenta.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Angus Pioniers

TOYOTA COROLLA CROSS: ‘n Baanbreker in vele opsigte