in ,

Stroop die soet smaak van sukses: CLAAS laat spat die wêreldrekords

This post is also available in: English

Geen wêreldrekord vir stroopwerk is veilig met CLAAS in die omtrek nie. Hierdie feit is weer bewys toe ՚n boer van Stewart Farms Partnership by Yorkville, Illinois, Bob Stewart, sommer twee wêreldrekords op een dag oortref het met ՚n CLAAS LEXION 760-stroper.

Wat hierdie prestasie nog indrukwekkender maak, is dat die LEXION 760 nie eers CLAAS se grootste stroper is nie – hy het twee groter boeties: die LEXION 770 en die LEXION 780! Wêreldrekords opstel is nie ՚n ongewone ervaring vir Stewart Farms se mense nie: in 2010 het hulle reeds – ook met ՚n CLAAS LEXION – ՚n wêreldrekord vir die meeste mielies in tien uur geoes opgestel: 1 300 ton.

Intussen het daar ՚n paar dinge verander:

  • Die Guinness-wêreldrekordreëls het nou verander. Oesrekords word nou net vir tydperke van 8 en 12 uur erken; nie meer vir 10 uur nie.
  • Die LEXION 760 het ook sedert 2010 verander: Hy lewer nou meer krag, hy voer vinniger, sy siwwe en sy graantenk is groter en het ou die unieke dinamiese verkoelingstelsel waar die lug van bo af ingeneem word en oor die enjin versprei word.
  • 2018 se rekordbrekerspan het die voordeel van CEMOS AUTOMATIC, ՚n unieke en kragtige operateursbystandstelsel in die LEXION. Hierdie stelsel verstel al die dorsen skoonmaakfunksies deurlopend outomaties en gebruik CRUISE PILOT om die grondspoed te bepaal. Dit beteken dat die LEXION se gedugte vermoë deurgaans ten volle benut word sonder om die operateur onnodig moeg te maak.
As jy met ՚n CLAAS LEXION 760 ՚n wêreldrekord vir mielies stroop wil opstel, moet jy sorg dat jy genoeg mielies het om hom ՚n volle twaalf uur lank voluit aan die vreet te hou. (Geel en swart is die kleur van die CLAAS LEXION in die VSA).

Hier kom hulle nou!

2018 se wêreldrekordaanslag is ՚n dramatiese lekkerleesverhaal. Die stroopspan het besluit om hulle visier op altwee Guinness se rekords (8 en 12 uur) te rig en om dan sommer in die verbygaan te kyk wat hulle met hulle vorige rekord vir 10 uur kan doen. Die dag voor die rekordaanslag het daar 12 mm reën geval wat die toestande minder wenslik gemaak het (die eerste leunwa se mielies het ՚n voginhoud van 17 tot 18% bevat en die grond was nat), maar dit het nie die span gestuit nie – hulle vertrou mos hulle CLAAS LEXION om in alle omstandighede sy beste te lewer.

Net na 9-uur op 26 September het die groot stroop begin met Bob Stewart agter die stuur van die LEXION 760 TERRA TRAC met ՚n 16-ry mielieplukkerkop. Gou het dit duidelik geword dat die groot uitdaging nie was om die mielies te stroop nie, maar om die vragte wat die flukse LEXION opslurp betyds weg te ry. Na agt, tien en twaalf uur is die vrag verwyder totdat die stroper se graan – tenk heeltemal leeg was en na die kant van die land gery is om die presiese vordering te meet.

Genoeg eerbare, onafhanklike getuies het die weegwerk gedoen en die volgende resultate is aangeteken:

Die tienuurresultaat was ՚n verbetering van 6% op die span se vorige rekord en die tonne wat na agt en twaalf uur gestroop is, is nuwe wêreldrekords. Hierdie rekord beteken dat die LEXION 760 gemiddeld 135 ton mielies per uur gestroop het – ՚n vragmotorvrag elke twaalf minute!

Taai stroper

Die geheim van ՚n wêreldrekord is nie net dat ՚n stroper vinnig en doeltreffend moet kan stroop nie, maar ook dat hy betroubaar moet wees om twaalf uur lank onophoudelik teen volle kapasiteit te werk. Knars hy om enige rede tot stilstand sodat daar herstelwerk gedoen moet word terwyl die stophorlosie die tyd onverbiddelik aftik, dan kan daar geen sprake van ՚n wêreldrekord wees nie.

Maar soos alle kieskeurige boere, weet die Stewarts van Stewart Farms dat jy deur dik en dun op CLAAS kan reken – CLAAS ís immers die toonbeeld van Duitse tegnologie en doeltreffendheid. Suid-Afrika se boere het ՚n verdere voorsprong, want hulle kan reken op die toewyding, kundigheid en diens van die plaaslike verspreiders van CLAAS, Kempston Agri.

As jy ook met die wêreldkampioen wil stroop, praat met Michael Howell by Michael.howell@kagri. co.za, of Etienne van Wyk by etienne.vanwyk@kagri.co.za, of 043-703-3100. Besoek ook www.claas.co.za. Volg ook die skakel, https://youtube/vFHpe9MZCrw, om ՚n video van die wêreldrekordpoging te sien.

Waar ՚n CLAAS LEXION besig is om ՚n wêreldrekord op te stel, moet die waens hulle draf ken om al die mielies weg te ry.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Valtra draf los voor met diens, tegnologie en betroubaarheid

AfriKelp ontgin gesondheid uit die see uit