in

Sterker rand benadeel bokhaarmark

This post is also available in: English

Die sterker Rand het aanleiding gegee tot ‘n 5,6% afname in die gemiddelde markaanwyser om op R292,27/kg te sluit. Alhoewel die aanbieding bestaan het uit ‘n paar goeie individuele skeersels, het die totale aanbieding meer saad en laer skoonopbrengs persentasies bevat in vergelyking met die vorige veiling.

Die Rand het teen R14,39 teenoor die Amerikaanse Dollar verhandel en R16,95 teenoor die Euro. Die Rand het met 5,9% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar en 4,1% teenoor die Euro, in vergeleke met die gemiddelde koers gedurende die vorige veiling.

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokhaar het 2,7% gedaal en op R402,90/kg gesluit. Die gemiddelde pryse van jongbokhaar het 4,6% goedkoper gesluit op R331,42/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het 5,8% laer gesluit op R305,19/kg en sterk grootbokhaar het 6,2% goedkoper verhandel teen R293,86/kg.

Die volgende veiling van die 2018 winterverkoopseisoen sal op 16 Oktober 2018 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Monsanto en Obaro ondersteun plaasveiligheid

Suid-Afrika kroon sy vyfde kuilvoerkoning