in ,

Stap saam met ons deur Val Boeredag

’n Groot skare boere en bewonderaars het vanjaar se Val Boeredag bygewoon en tussen die werktuie en trekkers rondbeweeg om meer te sien en uit te vind oor werktuie wat hulle werk makliker en lonender kan maak.

Val Boeredag het vanjaar weer oorgeloop met interessante werktuie en trekkers. Ons vertel verder wat by die beroemde demonstrasiedag te siene was.

Bednar se Terraland TO 5000 HM is gebou om harde en swaar grond tot 55 cm diep los te maak en te bewerk.
Challenger se 540C-stroper werk seepglad saam met ’n Geringhoff Mais Star-mielietafel om vermorsing teen ’n hoë spoed tot die minimum te beperk.
Myburg-toerusting se Hamba Straight-kontoermaker skraap maklik ’n wal na net ’n paar keer se heen-en-weer ry.
Waar Northmec se Case 400 HD Steiger en die Maschio-grondbewerker geloop het, bly ’n pragtige saadbed agter.
RovicLeers se plaaslik vervaardigde LGP 12R762/6200L is ewe geskik as konvensionele of geenbewerkingplanter.
Valtrac se Valtra T193 en die Pierobon 18-50 Neumatica-geenbewerkingplanter is ’n wenkombinasie vir bewaringsboere.
George Cilliers van Valtrac kan vir ’n boer ’n trekker in ’n kleurskakering van sy wildste drome aanbied.
Die Kanadese Versatile 620 DT-vierrusperbandtrekker word deur ’n Cummins-enjin aangedryf. Hier sleep dit die Bednar Terraland DO 5000-grondbewerker.
Vir Agri Afrika is gehalte ononderhandelbaar. Hulle Turbo-Max 2400-grondbewerker/ Turbo-Seeder planterkombinasie van Great Plains sal jaar na jaar steeds die grond foutloos voorberei om uitstekende dekgewasse te plant.

John Deere se S770-stroper met ’n 616C-plukkerkop stel die boer in staat om binne ’n baie klein stroopvenster klaar te stroop.
’n Boer kan uit tenkgroottes van 3 000 tot 6 000 liter en balklengtes van 18 tot 36 meter kies wanneer hy sy Hardi Navigator-sleepspuit bestel. Die New Holland T56.120 met sy hoë pens en dun wiele is pasgemaak vir spuitsleep.
John Deere se trekkers en werktuie het vanjaar weer vir ’n skou-spelagtige vertoning gesorg toe hulle skuins in ’n ry verby die skougangers gery het.
Vir Equalizer draai alles om noukeurige presisieplant. Hulle SL-16/762 Min-Till-planter onderneem om jou planttyd met die minste sorge te laat verloop.
Radium se Powerrip-skeurploeg is ’n basiese driepuntwerktuig en dra sy gewig na die voorwiele van die trekker oor deur middel van die boonste skakel. Dit verminder wielglip en wend die trekker se kraglewering meer doeltreffend aan. Die Massey Ferguson 7615 se kraglewering is gesertifiseer op 103 kW en bied ’n maksimum kraglewering van 110 kW teen ’n maksimum wringkrag van 745 Nm.

Kempston Agri se Claas Axion 920 lewer ’n maksimum krag van 236 kW en kan teen 50 km per uur tussen plase en lande beweeg.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Goeie begin vir bokhaarmark

Tegnologie dryf Timac Agro