in ,

Stap saam deur NAMPO (2)

nampo

This post is also available in: English

Verlede maand het ons veral tussen die masjiene gekuier.  In hierdie uitgawe stap ons nog ’n wyer draai deur NAMPO.

Backsavers

backsavers

Michris Janse van Rensburg is alom bekend vir sy nuttige en nuutskeppende klein planters en kunsmistoedieners. Een van sy fokuspunte is om planters te vervaardig vir sade wat moeilik plant. Hier wys hy hoe maklik sy pampoenplanter met die hand gevoer word om hierdie saad met wisselende vorms en groottes te plant.

Ember Down

Sharon Kock en haar man Anton is die eienaars van Ember Down, ’n donsverwerkingsfabriek op hulle plaas buite Ficksburg. Hulle kontrakteer hulle gansboerdery uit en gebruik die dons en fyn vere om baadjies, pantoffels, kussings en duvets te vervaardig. Nthabeleng Mokoala (links) is hulle flink verkoopsdame.

Fuz Bonsmaras

Neels de Villiers en sy seun, Rikus, van Fuz Bonsmaras boer tussen Senekal en Ventersburg. Hulle het een van hulle top bulle, koeie en ’n kalf NAMPO toe gebring om by hulle beestelersgenootskap se stalletjie te vertoon.

KAT Implemente

Kat Implemente buite Bloemfontein vervaardig werktuie so na die Suid-Afrikaanse boer se hart. Hulle NAMPO-span was Catherine Smith, Carol-Ann van der Merwe, Rikus van der Merwe, Frikkie van der Merwe, Brandon Adams, MJ Janse van Rensburg en Dewald Theron. Agter hulle pryk die 16 meter breë Maxiroll 16R Fieldmaster-Roltandeg.

Agri Services

Agri Services voer voortreflike spuite en spuittoerusting in. Omdat hulle regstreeks aan die boer verskaf, is hulle pryse baie mededingend. Hulle Gaysa trekkergemonteerde- en boordspuite kom uit Spanje en die ARAG- presisiespuitbeheerstelsel word uit Italië ingevoer. Die Trijet-keramiekspuitkoppe kom uit Frankryk. Hulle Cooper Pegler-rugsakspuite kom ook uit Frankryk. Trevor Stein, Viljoen Malan, John Louw, Danie Kok sr, Danie Kok jr en Elizabeth Bisschoff het die stalletjie beman.

Almaz

Allen Mackay en Elena Yudina van Almaz maak die moeilike taak van graansortering baie eenvoudig en maklik met hulle goedkoop maar doeltreffende sorteerder. Die saad-sorteerder span ’n blaser in om die saad, gebreekte saad en onsuiwerhede volgens gewig te skei sodat dit in hulle eie bakke val.

Mobiele Wildsboma

Wayne Birch van Thabazimbi het ’n eerste plek in afdeling A2 (Aangepaste werktuie) in die Omnia Boerepatentekompetisie ingepalm met sy mobiele wildsboma wat met sonkrag werk.

Omnia Boerepatente

Tannie Dirkie Jerling is die ontwerper van hierdie windpomp-aftakelaar waarmee sy ’n eerste plek in afdeling B2 (Aangepaste gereedskap) tydens die Omnia Boerepatentekompetisie behaal het. Haar man, Stan, het haar sterk ondersteun.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Firestone is vuur en vlam vir landbou

Hino is ’n NAMPO-veteraan maar bly steeds nuut